Video: Rolprent van dansende gevangenes

Een van die musiekvideo’s van die gevangenes volg onderaan die berig. Die storie van gevangenes van ʼn tronk in die Filippyne wat met hul danspassies reeds meer as 52 miljoen keer op YouTube gesien is, gaan nou in ʼn rolprent vertel word.

Dance of the Steel Bars is in die Cebu-provinsiale gevangenis verfilm waar die meer as 1 500 gevangenes in hul oranje uniforms in 2007 wêreldwyd bekendheid verwerf het. Hul gechoreografeerde dans lok steeds duisende toeriste wat na die vertoning, wat onlangs ook Gangnam Style ingesluit het, kom kyk. Van die gevangenes sal ook in die rolprent te siene wees.

Die Ierse akteur, Patrick Bergin, wat Julia Roberts se eggenoot in Sleeping with the Enemy gespeel het, en Filippynse akteur Dingdong Dantes speel die hoofrolle.

Die storie is fiktief, maar is deur ware verhale van die gevangenes geïnspireer. “Ons het die rolprent gemaak om die storie van verlossing te vertel, om die menslike gees se vermoë om vir goed te verander uit te beeld,” het Marnie Manicad, mede-regisseur van die rolprent, gesê.

Die tonele in die tronk is in 2010 verfilm, maar die totale produksie het meer as drie jaar lank geduur. Die rolprent sal na verwagting op 12 Junie vrygestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Joey Odendaal ·

BRILLJANT! Wat van so ‘n “Dansgevangenis” vir al ons jeug gevangenisse in Suid-Afrika – dit sal hulle disipline leer en so moeg maak hulle sal nie eers dink aan drugs, drankmisbruik of kriminele gedrag nie. EN hulle besig hou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.