Suid-Afrika se boogskietspan het pas van die VSA teruggekeer, en hulle sukkel klaarblyklik glad nie om hulle teikens te tref nie. 18 van die 23 spanlede spog met medaljes.
Nege lede het teruggekom met goue medaljes, vyf het silwer verwerf en vier van die boogskutters het brons gekry.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.