Video: SA paartjie lewer pleidooi vir seun se vrylating

Nayati Moodliar

‘n Suid-Afrikaans-gebore paartjie het ʼn pleidooi gelewer vir die vrylating van hulle 12-jarige seun wat in Maleisië ontvoer is.

Die Saturday Star berig dat die seun, Nayati Moodliar, Vrydagoggend in Kuala Lumpur ontvoer is terwyl hy op pad was skool toe. Ooggetuies het gesien hoe hy deur twee mans in ‘n motor gedruk word. Die seun se ouers, Shamelin Moodliar en Janice Smith, het gepleit vir hul seun se veilige terugkeer. Moodliar en Janice Smith Suid-Afrikaanse en Nederlandse burgerskap. Die seun se grootouers woon in Kaapstad. Hulle Suid-Afrikaanse familie het met skok van die ontvoering verneem. “Ons is in kontak met hulle… Dis moeilik vir almal van ons,” het die seun se tannie, Caroline Swanepoel, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.