Video: SA tromspeler se video’s kry 100 miljoen trefslae op Youtube

Cobus Potgieter. Foto: Facebook

ʼn 26-jarige tromspeler van Humansdorp se video’s op YouTube is reeds meer as ʼn 100 miljoen keer gekyk.

Cobus Potgieter het in Augustus 2006 sy eerste video op YouTube geplaas. Vandag het hy meer as ʼn 100 video’s op YouTube wat deur mense van regoor die wêreld gekyk is. Die meeste kykers is van Amerika gevolg deur Indonesië en Brittanje. Sy tuisland Suid-Afrika lê 44ste op die lys. Cobus werk tans in Amerika na hy verlede jaar soontoe gevlieg is om saam met Don Lombardi, die stigter van DW Drums en Drum Channel, te werk. Hy was intussen ook by verskeie ander projekte betrokke. Sy gewildste video is sy weergawe van Avenged Sevenfold se liedjie Afterlife. Sy nuutste verwerking is 30 Seconds to Mars se liedjie King and Queens wat reeds meer as 1,8 miljoen keer gekyk is. Cobus sal volgende maand ʼn nuwe reeks video’s op YouTube bekendstel ter viering van sy 100 miljoen trefslae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.