Video: Sanger vra om verskoning na volkslied-fiasko

Die hoofsanger van die groep Just Jinjer, Ard Matthews. Foto: Facebook

Die hoofsanger van die groep Just Jinjer, Ard Matthews, het om verskoning gevra nadat hy die woorde van die volkslied opgemors het tydens die aankondiging van die Springbok-span vir die wêreldbeker-rugbytoernooi.

Matthews het die voorreg gehad om die volkslied regstreeks op SuperSport te sing tydens die aankondiging van die span Dinsdagaand. Matthews het erg deurgeloop op sosiale netwerke soos Facebook en Twitter waar sommige mense sy weergawe van Nkosi Sikelel’ i Afrika vergelyk het met dié van Ras Dumisani se weergawe tydens die Springbokke se wedstryd teen Frankryk in November 2009. SuperSport het ʼn verklaring uitgereik waarin Matthews verduidelik het dat hy heeltemal oorstelp van emosie was en dat dit nie opsetlik was nie. Matthews sê hy ondersteun alles omtrent Suid-Afrika en het dit as die ergste oomblik van sy lewe beskryf. SuperSport het op sy beurt aan alle Suid-Afrikaners, SA Rugby en die Springbokke om verskoning gevra en gesê die voorval is geensins ʼn refleksie op SA Rugby is nie.

Ard Matthews se weergawe van die volkslied:

Ras Dumisani se weergawe van die volkslied:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

ten minste het hy om verskoning gevra, die ou wat in New Zeeland? die Lied so op geneuk het het nie eers die guts gehad om dit te doen nie. Met die Sokker wereld beker het een van die vrouens wat vvor die wedstryd die Lied gesing het gladnie eers die Frikaanse deel gesing nie, niks is daaroor gese of gedoen nie.

Ek bly ‘n GROOT fan van Just Jinjer en Big up to you bro.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.