Video: Saskok gaan Irene help

Irene van Niekerk

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gaan die 15-jarige atleet, Irene van Niekerk, help.

Dit volg na berigte dat hulp aan haar as wit atleet wat in ‘n plakkerskamp in Gauteng woon, te polities van aard is en Saskok haar daarom nie gaan help nie. Gideon Sam, president van Saskok,  sê dit is onsin en die proses is reeds aan die gang om Irene se atletiekdrome te bewaarheid.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.

Lees ook:
Video: Jong atletiekster in plakkerskamp
Kampioen van plakkerskamp raak talle harte
Gouemedalje-kampioen bly in plakkerskamp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

wil net vir julle se baie dankie daarvoor. ons almal weet julle steek julle koppe nou in i byenes maar ons het m@rse respek vir julle juis daaroor.

Pieter ·

En toe sê ou Gideon nee sy is wit en sy organisasie gee nie geld aan wittes nie.

Wessel Oosthuizen ·

Gideon het nooit gesê hy gaan haar nie help omdat sy wit is nie! Hy het wel gesê dat dit nie saak maak of sy wit of swart is nie en ook nie waar sy bly nie, maar hy gaan haar help omdat sy ‘n talentvolle atleet is. Ek weet, want ek was daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.