Video: Sekuriteitsvideo-opname van plaasaanval

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Waarskuwing: Die video onderaan die berig mag sensitiewe lesers ontstel.

Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het intussen kommentaar gelewer op die reaksie wat die plaasaanval-video uitgelok het. Klik hier om sy artikel te lees.

AfriForum het vandag beeldmateriaal van ’n plaasaanval by ’n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar gestel. Hierdie materiaal sal deel vorm van die voorlegging oor plaasmoorde wat AfriForum op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld bevat nie, sal dit sensitiewe kykers moontlik ontstel.

Ernst Roets, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof vertrek vandag na Europa en sal die voorlegging saam met Alana Bailey, mede-adjunk uitvoerende hoof behartig.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê dat die polisie die publiek mislei wanneer hulle verklaar dat misdaad onder beheer is. “Hierdie video bevat die onaangename werklikheid. Dit raak gebiedend noodsaaklik dat die publiek meer pro-aktief optree deur by gemeenskapveiligheidsnetwerke in te skakel. Dit is AfriForum se grootste prioriteit wat veiligheid betref.”

Lees ook:
Video oor plaasaanval ís eg, sê AfriForum
Duisende kyk video van plaasaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

91 Kommentare

Annelien Houston ·

Hi almal, ek het sommer nou hier gesit en hoendervleis kry soos wat ek die bende sien inbreek, ek reken n mens moet n alarmstelsel het wat een oorverdowende lawaai maak as hulle inbreek, want hulle sal so groot skrik en hopelik net weg hardloop. Dit is vreeslik!!!!!

Jasper ·

Hierdie is n taai tammeletjie. Niemand kan presies vir iemand sê wat hy moet doen nie. Elke situasie verskil. Wat ek wel weet, as jou hond vergiftig word, het jy kennis gekry en moet jy voorsorg tref.

Elma ·

Jasper… ek ken jou nie. Ek ken nie jou konteks nie. Ek is wel ‘n optimistiese Suid-Afrikaner wat self op ‘n plaas gewoon het. My ouers bly steeds op ons plaas en ons het al meer as een keer onder misdaad deurgeloop. Ons honde is ook al meer as een keer vergiftig. Ek dink ek moet net vir jou verduidelik – jou hond word vergiftig in die middernagtelike ure terwyl jy slaap en kort daarna kom die skelms op jou werf. Jy kan nie voorsorg tref nie, want jy weet nie die hond is vergiftig nie.

Johan Fritz. ·

My pa, George Pieter Fritz is op 20 Augustus 1988 op sy plaas vermoor deur twee sogenaamde werksoekers, my ma is ook aangerand, met haar trui verwurg en vir dood agtergelaat. Sy het egter later bygekom want vanwee die rekbaarheid van die trui se wol het die verwurg poging nie geslaag nie, haar oe was egter potblou en toegeswel, haar gesig pimpel en pers vanwee die aanranding. albei my ouers was 80 jaar oud. My ouers was hulle hele lewe net goed teenoor alle rasse. Hulle was ook nie meer aktief in die boerdery betrokke nie, aangesien ek die hele boerdery bedryf het. hulle is aangeval omdat hulle ‘n sagte teiken was.

Christo Gillmer ·

Iets slaan my dronk. Daar is `n Veiligheidshek in die gang, maar tog kon hulle van `n ander rigting verby die hek kom. Dit help veel!!

Tarbi Monine ·

Sjoe julle dit kan nie so aangaanm nie waneer word daar regtig iets gedoen daar aan

Izak Fick ·

Ek en my familie het ‘n plaasaanval genadiglik deurleef met al die fasette van wreedaardigheid, hebsug en barbarisme. Hierdie video laat my koud kry en ril en bring visioene wat nie aanduidend is van goeie gesindheid, eerbaarheid en vergiffenis nie. Seker omdat ek weet dat daar geen jammerte by enige van die ses wat ons vir ses ure aangehou en gemartel het te bespeur was nie en ooit sal kan wees nie. Die grootste teleurstelling van die hele aangeleentheid was die Suid Afrikaanse Polisie wat niks positiefs gedoen het hieraan nie – nie toe nie, en nie nou nie. Inteendeel hulle kyk met dowwe oë en toe ore na die volk wat stelselmatig vernietig word terwyl die wêreld toekyk in stewige apatie.

Etresia van der Merwe ·

Ek het al nagmerries gehad van hoe iemand so in my huis se erf inkom en dit het my gepla vir weke daarna. Ergste van als is dat op ‘n stadium jy kan sien die rower is gewapen. Hoekom is ons land so korrup? Hoekom kan ons nie net in vrede saamleef nie? Ek is skoon ontsteld… Dis onregverdig.

frances Theunissen ·

Vreeslik om dit te sien!!! Bekommer my dood oor boere daar buite en my ouers self op n plaas..

chantelle ·

Ek dink dis n toets van die Here af. Ons almal wat in die Here glo en goed doen vir ander mense sal almal Hemel toe gaan… Die gediertes met hulle krone op hulle koppe gaan almal brand in die hel want mense doen dit nie aan ander nie dis net vieslik… Maar dis reg hulle dag sal kom

ingrid ·

Dit is onregverdig teenoor boere en daar word niks aan gedoen nie. Alles word ook nie op nuus gewys nie en dan word daar gese plaasmoorde het minder geword.

Gerdie Landman ·

Paar dinge pla my in die Video…? Dit lyk na nuwe oorpakke en die kleur en kleredrag pas nie by tipiese RSA kriminele nie..? Die een hou sy hand oor die CCTV Kamera, maar breek dit nie af nie…? Hulle steel niks terwyl hulle daar is nie, verseker sou regte kriminele kos of drank gebuit het…? Hulle sluip te stadig en rustig asof hulle tog te bang is om betrap te word…? Hulle lyk gewapen met handwapens, waarom sou hulle dan so bang en versigtig wees…? Veral as hulle doelgerig daarop uit was om te gaan moor…? Iets rym nie hier nie…?
Dit lyk vir my na ‘n opvoering…?

Quintin Pretorius ·

Ek is jammer om te se maar ek dink ook so , dit is duidelik dat hierdie video besig is om op mense se gevoel en te speel met `n baie, baie sensitiewe aangeleentheid. Maak nie `n fout nie dit is een groot probleem , maar ek dink nie hierdie is `n regte poging nie.

Velten ·

This looks to much like a show, we had break ins on our farm in Zambia, my dad was beaten,we were shot at, burgled neighbour hood radio contact and patrols, we ended up living in a prison with the windows covered by concrete pillars, doors and gates with locks in the house, never seen burglars being so cautious, it is a problem and will only get worse with lots more violence than these wanna be actors. It not good to glorify the situation with these sorts of films as it is a real problem with real lives at risk. Families who have been through these sorts of raids know it does not happen like this.

Kaptein ·

+1 ek het selfde gevoel gekry…. Hierdie lyk gestage vir my.

Natasjha ·

EK se ook Afri form moet die totale wreedheid per video voorle..hierdie gaan net afgemaak word as n “probeer inbraak”. Daar is BAIE beeldmateriaal van plaasaanvalle/moorde

Nina ·

Ek werk al amper 3 jaar in die sekuriteits bedryf,
en hoor so te se op daaglikse basis van allerhande
verskriklike misdade. Iewers moet dit einde kry,
ons word familie by familie uitgemoor!! Mag God
ons elkeen beskerm en ons land se mense die krag
gee om uit die as op te staan!

Erika ·

Ek is nou nie so seker nie, maar is dit ‘n regte plaas aanval of ‘n gedramatiseerde een, want as dit eersgenoemde is, dit lyk vir my soos blanke aanvallers?

Kobie ·

Ek stem saam… lyk baie vreemd… hoekom kruip hulle so saggies aan net soos ‘n blanke man?

Paul ·

Is blanke mans daarvoor bekend dat hulle “saggies aankruip” Kobie? Eerste keer dat ek daarvan hoor! Ai – die dinge waarmee mense vorendag kom…

Kobie ·

Ek is jammer. Verkeerde keuse van woorde. Ek wil nie iemand of enige mense belaster nie. Moet meer versigtig met my woorde wees.

Fred Colin ·

Janee, moet my nie verkeerd verstaan nie, plaasmoorde is walglik en iets moet drasties daaraan gedoen word, maar as jy ‘n video fabriseer maak dit darm realisties. Ek bedoel waar in die lewe kry jy blanke plaas aanvallers? Nice try afri forum

Ma op 'n plaas in Noordwes ·

Ai Fred en Kobie, julle mis die punt. Dit gaan nie oor die ras van die aanvallers nie, eerder oor die boere wat een-vir-een uitgewis word. Ons het ook so nag visie kamera en dit maak alles wat donker is lig en wat lig is donker. Daarom dat die aanvallers se oorpakke wit lyk(dink julle regtig hulle sal in wit oorpakke dit doen??). Sit jou gewone huis video kamera op nag visie en gaan toets dit bietjie… Die van julle wat sulke niksseggende kommentaar lewer verstaan nie die erns van die situasie nie!

WitM8t ·

So jy meen dat hierdie aanvallers almal wit maskers gedra het?

WitM8t ·

Dink jy wit mense is nie in staat om plase aan te val en te roof nie? Dink weer, ou maat!

Natasjha ·

Beslis nie (altans die meerderheid nie). Ons is beter as dit grootgemaak en opgevoed. Mens weet wat reg en verkeerd is.

SP Grové ·

Word wakker Fred Collin!!!! Wat laat jou dink dis blankes? Ongeag die velkleur is die aanvalle op plase en die intimidasie van boere aan die orde van die dag!!!! Gawe werk Afriforum!!!! Wat gaan van ons word as ons eie mense ons motiewe in twyfel trek? Dis dalk die hoofrede hoekom die land in die toestand is wat dit is!!!! Dit het nou absoluut niks met plaasmoorde te doen nie maar dit voel vir my jy is ook een van daai ouers wat nie sy kinders tugtig nie – en ek praat NIE van fisiese tugtiging nie!!!! Nou sit die onderwysers met die problem van kinders wat hand uitruk…..Pfesies dieselfde met “grootmense” Hulle word nie gestraf vor oortredings nie….hoekom sal hulle dan nou ophou oortree? Sal gaaf wees as jy my antwoord….as jy kan!!!

SP Grové ·

Word wakker Fred Collin!!!! Wat laat jou dink dis blankes? Ongeag die velkleur is die aanvalle op plase en die intimidasie van boere aan die orde van die dag!!!! Gawe werk Afriforum!!!! Wat gaan van ons word as ons eie mense ons motiewe in twyfel trek? Dis dalk die hoofrede hoekom die land in die toestand is wat dit is!!!! Dit het nou absoluut niks met plaasmoorde te doen nie maar dit voel vir my jy is ook een van daai ouers wat nie sy kinders tugtig nie – en ek praat NIE van fisiese tugtiging nie!!!! Nou sit die onderwysers met die problem van kinders wat hand uitruk…..Pfesies dieselfde met “grootmense” Hulle word nie gestraf vor oortredings nie….hoekom sal hulle dan nou ophou oortree? Sal gaaf wees as jy my antwoord….as jy kan!!!

Leon Smith ·

Dit is vreeslik en die regering se inderek dit reg so ONS(die regering) sal nog na jou kyk ook en kos gee. Dit erg kommerwekend dat BLANKE BOERE en veral bejaardes so aangeval en DOOD gemaak word. Die boere verskaf KOS wat die aanvalers eet. My voorstel is as volg: Die mense wat vermoor word(deur barbare) se mense sien hul nooit weer nie terwyl die barbaar se mense hom sien en is n tyd weg maar dan weer by sy mense en gaan weer met sy dinge voort. Sluit hul toe op n plek met GEEN maar GEEN voordele nie en lewenslank, laat dit so wees dan. GEEN VAN SY MENSE SIEN OF BESOEK OF GEEN KONTAK MET SY MENSE NIE. Die vermoorde het dan GEEN kontak met sy mense nie. GEE NET KOS dat die misdadeger net lewe TOT HY EENDAG OOK DOOD IS. Maar in SA werk dit nie so nie hul MAG mos want die regering se inderek dit reg so. Skiet die goed dood want WAT SOEK HY DAAR. Dankie en dit bly gruwelik.

Johan ·

You can fool some of the people, some of the time. Why not spend your time on something REAL?

ferdi wepener ·

Afri probeer ons mense laat saam staan of di video eg is of ni dis wat dagliks om ons aangaan .eder as om skepties tewees en try uit fig of dit n drama stuk is try eder n oplosing tesoek om plaas moord testop .afri het
Ni genoeg ondersteeners ni kom ons as gemeente staan saam en dan sal iets gebeer want ons sap kan ons ni help ni ons moet meka help

Ellie ·

Ek wens regtig die boere, en almal aan ons kant wil begin saam staan en terug veg. As ons wag vir die regering om iets te doen gaan ons nooit oorleef nie. Ek kan nie verstaan hoekom ons aanhou probeer om die regering te oortuig nie, Ons is soveel sterker en slimmer, as ons gaan begin terug veg sal dinge ook beter begin gaan.

... ·

Sover ek weet is daar soms sensors of iets op die kamaras, die oomblik as dit koneksie verloor kan daar n alarm skree.

Landi ·

Dit maak nie saak of die video “fake” is en of dit eg is nie. Ten minste probeer Afriforum om iets aan die situasie te doen. Meer as wat enige van ons kan se. Ons het ‘n probleem in ons land, en niemand luister nie. At least neem hulle dit verder om iets te probeer doen. Mense moet ophou om altyd so sinies te wees oor alles. Wat maak dit saak of die video vals is of eg is? Feit van die saak is en bly staan ons sit met een groot probleem in ons land. Ek is seker hulle kan baie erger EGTE beeldmateriaal in die hande kry om te wys wat NIE vals is nie, wat die land en almal daar buite uit hulle geloof uit sal skok, maar kan/mag dit nie gebruik nie. Feit is. Boere word vermoor en iets moet gedoen word!!!

Lettie Smit ·

Tipies van ons blanke nasie, nou sal hul stry of die video eg is of nie. Julle mis die punt, ons boere word uitgemoor. Kan julle nie so daarna kyk. Ek dink nie waar daar ‘n regte plaasaanval op video is sal dit mooi wees om na te kyk nie. Dit maak my woedend dat niemand iets aan dit doen nie. En die wat probeer word dan aangevat. Ons is ‘n ruggraatloos wat ons self boere of afrikaaners noem. Elkeen wil net sy eier lê maar niks doen.

HM ·

Mense wat vra vir die doodstraf om weer ingestel word is net so breindood soos die wat ons in hierdie gemors ingestem het met hul ondersteuning aan die volksveraaier FW de Klerk.

Dink jy nou rerig dat hierdie regering die doodstraf teen die kriminele gaan gebruik??? Dit gaan gebruik word teen BLANKES wat hulself suksesvol verweer en teen BLANKES wat die ruggraat het om op te staan teen hierdie kriminele regering wat deur bedrog, verraad en subversie aan bewind gekom het en aan bewind GEHOU word deur blankes wat aanhou om belasting te betaal!

Vlekkie van Deventer ·

Hi almal. As iemand wat in die sekuriteits bedryf werk, kan ek aan julle die volgende tips gee. Op hierdie stadium is daar nie meer baie dinge wat rowers afskrik nie, maar daar is goeie beginsels wat julle kan probeer. ‘n Alarmstelsel nommer een met paniek knoppies in elke kamer, maar ook remote paniekknoppies. Dit byvoorbeeld kan enige plek met jou saamgedra word en kan jou lewe red as jy miskien buite is en iemand jou oorval. Wat alarm stelsels aanbetref, sit ‘n goeie ogie in jou dak vir ingeval dakteels gelig word en hulle daar inklim. Sit vir jou eksterne ogies buite op wat die hele kant van jou huis bedek. Dit kan op ‘n ‘bracket’ geinstalleer word wat 20cm weg van jou muur af staan en dek tot en met 100m van punt tot punt. Dit is in swart beskikbaar en dus is dit nie so sigbaar nie. Dit gee jou die beskerming dat voordat die persoon ‘n deur of venster oopmaak, skree jou alarm. Baie mense hou nie van honed in die huis nie, maar dit bly steeds die beste waarskuwings middel. ‘n Jack russel of geraas hondjies is die beste vir hierdie doel. ‘n Alsation, Rottweiler of Great Dane kan die truuk buite doen met die kleintjies binne. ‘n Groot hond wat binne slap kan ook baie help, maar dis ‘n beslommernis vir baie mense en ek verkies dit self nie. My foxie en Jackie in die huis doen die truuk. Kameras is die enigste ding op hierdie stadium wat wel ‘n goeie manier van detection is. Dit gee jou ten minste die voordeel dat jy jou perseel kan dophou. Die oomblik as jou alarm afgaan of jou honde blaf kan jy dadelik sien wat aangaan. Ek bevel aan, soos in my eie huis, ek woon ook op ‘n plaas, ten minste kameras op elke deur in jou huis en veral in jou voorhuis gedeelte. Een in jou gang, en ten minste vier goeie kameras buite wat elke angle van jou huis dek. Meer as dit kan jy nie doen nie. Maar wysheid se, doen jy eers jou bes en God sal sorg vir die res. Toets gereeld jou alarmstelsel en veral jou panics. Steek jou kamera stelsel se recorder op ‘n goeie plek weg maar hou die skerm naby sodat jy kan sien wat aangaan. Indien jy verdere inligting benodig, sal ek graag advise gee. Kom ons help saam om SA te beveilig. Regtig, om ‘n paar rand vir veiligheid op te dok, is nie so erg as om ‘n geliefde te verloor wat verhoed kon word nie. Secequip Richardsbaai. 035 751 1411

Brennen ·

Die is n ware video mense of dit wit of swart enige ras is die mense het gekom om dood te maak ons boere se lewens is in gevaar dis nie n toneel spel of bang maak storie….Julle het geen idee deur watse trauma die mense is…Sê my hoe sal jy voel as jy en jou vrou by die sestig is en 6 mans kom so in jou huis in…..Sê my wat moet jy doen as jou honde vergiftig word hulle goed in jou huis in spuit dat jy vas slaap en net deur genade kan hulle nie by jou uit kom… Hulle almal is gewapen voertuig sleutels als was tot hul beskikking maar omdat hulle nie by ou mense kon uit kom is hulle daar weg en net n sekuriteits kamara is daar as bewys…Glo wat jy wil los kommentaar maar ons sal sien wat gebeur as dit met JOU gebeur wie gaan dit glo….Plaas dat ons saam staan sit jy op die kantlyn en lewer kommentaar MAAR JY WEET NIKS!!!!!!!

Alec ·

Ek het nou al 2 keer in die laaste week wat hul probeer in breek het by my huis ek doen nou cctv kameras met beams met n luidspreker so die kameras is reg rondom die huis die beam loop voor die jaard sorda hul hom trip gan ligte en die alarm an en dan is almal wakker en hulle maak gat skoon die cctv kan ook gestel word om n epos the stuur as die alarm af gan vir enige iemand wat belang stel asb email my op [email protected]

Andre du Toit ·

Gaan na my webwerf http://www.wirelesswarning.co.za en kyk, ek spesialseer in ‘n produk wat heirdie hele insident kan verhoed. Ek bedien baie boere in Gauteng, Noord Wes en baie ander dele. Die produk waarsku jou as iemand in jou erf inkom, nog voor hy by jou huis is. Soos julle kon sien die kameras het wel ‘n opname wat na die voorval gesien kyn word, maar ongelukkig is dit te laat. Iemand moet die kameras dop hou, so jy moet nie gaan slaap nie want dan is jy in die moeilikheid. My sisteem waarsku jou en nou kan jy hulle volg terwyl jy hulp kry. Doen jouself ‘n guns en gaan kyk na my webwerf, dit kan net tot goot voordeel vir al julle kykers wees. Maroela Media dankie vir die goeie werk wat julle doen.

Natasjha ·

Afriform moet iets baie erger as dit voorle- anders sal dit net afgemaak word as n “inbraak’?

Yolandi ·

Dis jammer ons polisie is so pateties.. Dan kon hulle die vinger merke gebruik het waar die idoot in min 5:48 aan die kamera lens gevat het… Dis werklik skokkend!

A GOOSEN ·

Ek stem saam dat ons in n land bly wat gevaarlik is vir almal vanaf die dorpsgebiede, plakkerskampe en asook ons plase, GEWELD kom orals voor. Die boer is van te vore reeds aangeval maar daar is geen diefwering voor sy ventsters nie, alhoewel hy wel n gang hek het beskerm dit nie die res van die huis nie, sover mens kan sien op die video is daar geen elektriese bedrading om die huis nie, en ook al dan nie n alarmstelsel nie. Hoe veilig is u gesin werklik meneer?
Miskien moet U by ons kom leer hoe om die plek te beveilig ons woon in die dorpsgebied, en by ons lyk dit soos fort nox alle mure het elektriese heining is by n veiligheidsmag aangesluit en alarmstelsel met kameras, diewering wat alle ruite toe maak selfs die wat nie kan oopmaak nie.
n Rotweiler en boerboel wat saans in ons kamer agter geslote gang hek slaap

Ons grootste gevaar sou wees as die huis afbrand, dis al tyd wat daar geen uitkomkans vir ons sal wees nie, maar ek brand liewers dood as wat ek vermoor en verkrag word

Ons bure is 20 meter van ons af, maar met vandag se samelewing is dit elke een vir homself.

Ek stel voor laat staan die laksheid en maak seker jou gesin is veilig!! As jy daar kan inkom dan kan n skelm dit ook doen!!

Ian Coetzee ·

Hi Anton

Net vinnig, ‘n friend van my het sy diefwering aangepas om ‘n klein veiligheids hek in te sluit en die sleutel hang naby (Maar nie binne bereik van buite af deur die venster nie). Sou daar ‘n brand onstaan kan hy die venster breek en die hek oopsluit sodat hy en sy familie kan ontsnap. Dies bietjie welding en ‘n goeie slot meganisme. Maar die ontsnap roete gee hom extra veiligheid.

Laura ·

Dit is skokkend!!! Die ENIGSTE manier om die moord in Suid Afrika te stop is die DOODSTAF wat teruggebring moet word!!!! As die galg dan nou so WREED is, hoekom nie soos in bv. Amerika maak en GENADE-DOOD toepas nie????? DIT IS DIE ENIGSTE OPLOSSING!!!!!!!

Stephan ·

Enige iemand opgelet dat die kameras se tye die heeltyd op 1:58 begin? Definitief n opvoering!

Laura, ek dink mens moet mooi dink as daar gepraat word van doodstraf terugbring… Sal jy die huidige regering vertrou daarmee?

Phillip ·

Skrikwekkend, in die hof sal dit seker staan dat hul vir kos en water gesoek het, hoe ver moet ons nog gedruk word om die geveg teen inbrake en plaas moorde te kan wen.

K... ·

Die manne in die video moes wegeraak het. By die een deur in kom en nooit weer van te hoor of gesien nie. Hoe lank gaan ons stil staan om geskop word. Dit is tyd dat ons staan vir wat aan ons behoort.

Yvette Engelbrecht Dippenaar ·

Hierdie laat my terug dink aan die moord op my groot ouers Theunis en Suzie Venter op 11 Feb 2010 in Mayville, Pretoria. Hulle was 2 oumensies wat hulself nie kon verdedig nie. Oupa was verwurg en Ouma versmoor. Mag elke aanvaller ooit hulle dag kry wat onskuldige mense aanval.

Mariette ·

Plaasmoorde is ‘n reuse brutaliteit en realiteit. Ek het nog net gehoor van die boek “Bloedsusters” en dinge wat hierdie dames moet aanskou na plaasaanvalle. Ek het nie die moed om dit te lees waardeur mense op plase moet gaan tydens sulke aanvalle nie. Ek wil ook nie in ‘n geskil betrokke raak tov die video nie. Wat ek wel kan se, is dat Afriforum nie so iets kan gaan voorle om die brutaliteit en realiteit van hierdie probleem onder die wereld se aandag te vestig nie. Hulle sal beeldmateriaal van die werklikheid moet voorle, al is dit hoe grusaam, as hulle die wereld op ‘n manier wil laat regop sit en kennis neem van hierdie daadwerklike probleem waaraan blykbaar niks gedoen word om dit te stuit nie.

ZM WILLIAMS ·

As n’ mens na die video kyk, sal jy oplet dat hulle aldrie die omgewing en veral die erf buite baie goed ken.Ongeag die ligte, en hulle gaan verstel die sekuriteits kamera.Gewoontlik is dit moeilik om sulke kameras raak tesien in die nag, en dit nogal onder die afdak gedeelte van die stoep(soos dit op die video vertoon word).Die sekuriteits hek is gesluit, maar die binne deur staan oop, dit plaas n’ vraag teken op die hele senario.hulle gaan die huis binne, geen beeld daarvan nie.dan beweeg hulle in die huis, stadig sonder om geraas te maak ? glad nie haastig en opsoek na iets spesifiek nie, verlaat die huis met niks ? Die drie is van die selfde plaas en werk tien teen een op die plaas of baie naby.Dis maar my waarnemings, uit die oog van n’ oud speurder en polisieman.

Vanessa van Rooyen ·

Ongeag of hierdie ‘n opvoering was of nie, dit is die werklikheid wat al hoe meer in ons land gebeur, dit wat gebeur is inteendeel talle male erger as die video, hulle breek in en verkrag en vermoor mense net vir ‘n selfoon vandag! Sekuriteits videos vandag gaan hulle nie eers keer om in te kom nie, wees veilig waarokal ‘n mens gaan!

CB ·

Hierdie lyk vir my te veel “ge-stage” vir kykergenot en om bloeddruk op te jaag. Meeste boewe wat snags inbreek beplan nie eens kleredrag nie, wat nog te sê van netjiese skoene en handskoene – die klomp wat inbreek het nie eens geld vir handskoene nie! Hierdie video moet maar met ‘n knippie sout gekyk word… Hul sluip ook nie so stadig nie – die klomp wat snags deur ons erf trap doen dit met die spoed van witlig! Hul steel ook net so vinnig. Hoekom is daar nie foto’s van die honde nie? Gewoonlik skroom ons boere nie om die harde feite op die tafel te lê nie. Ons weet plaasaanvalle is ‘n daaglikse gebeurtenis maar hierdie is so bietjie “te”… En nie dat ek tussen pienk en pers wil onderskei nie, maar baie min boere word deur WIT aanvallers aangeval en ons almal weet dit. Die wit velletjies onder daar maskers en tussen die moue en handskoene staan soos ‘n seer oog uit. Ek dog ek sê maar net…

Wena catherina Coetzee ·

“Gestage” Asseblieftog…….Julle sien dan daagliks hoe word mense op plase wreed vermoor, my doner…..Nou kom van julle vorendag met hierdie “gedramateerde” snert……..Word wakker want julle wat so praat Sluimer nog steeds………tsk tsk

Wena catherina Coetzee ·

Asseblieftog………….Word net wakker, julle sien dan elke dag hoe wreed word mense op plase vermoor……Nou kom van julle sowaar met “gestage / gedramatiseer” kom by , julle sluimer in n fiktiewe wereld……tsk tsk

Tracy ·

Al is die video gestage was daar tien teen een ‘n werklike aanval iewers anders. As dit nie gestage was nie, hoop ek die eienaars van die plaas is veilig en ongedeurd. Dink sommige Sui-Afrikaners leef in ‘n gemakzone en dink dat dit nie met hul kan gebeur nie. Dink ons moet iewers vrede maak dat ons, onsself moet help en ons huise bes moontlik moet beveilig.

Adri ·

Duidelik sluk die helfte van julle die Nuwe Suid Afrika, hoek, sinker en al. Glo niks sal met die blanke bloedjies gebeur nie……. Word wakker. Dis die realiteit. Het julle al gehoor dat skelms vir ‘n ruk voor ‘n misdaad “obserweer” Hulle kom in en bekyk die plek. Hulle beplan alles in die fynste detail. EK GAAN ‘N GEWEER ONTWERP WAT DEUR DIE KAMERA GEAKTIVEER WORD. AS DIE SKELM DAN DOODGESKIET WORD SAL ALMAL GENOEG TYD HE OM TE BAKLEI EN TE BESLUIT OF DIT ‘N OPVOERING WAS OF NIE………..

Liz ·

O dis beslis die ware Jakob! Hulle het vanogend met hierdie anonieme boer gesels en hy verseker almal dat dit netso van sy kameras afkom. Die kameras is op nagvisie en dan sal dit vaselfsprekend lyk of almal lig van kleur is. Hy het blykbaar ‘n veiligheidshek iewers in die huis gehad en volgens hom, as dit nie vir daardie hek was nie, het hy nie nou met ons gepraat nie!

Ian Coetzee ·

Hi, verskoon my spelling, maar ek wil graag net iets bylas. Die video opname, “gestage” of nie laat koue rillings deur my gaan. Ek sien onder die “comments” dat daar sekuriteids mense produkte adverteer, en moderne tegnologie is wonderlik. Maar, meeste van ons mense wat so aangeval word is bejaarde’s en nuwe tegnologie is moeilik om aan te leer, en ook baie duur (Ek erken, mens se lewe is meer werd as ‘n paar rand), maar die tegnologie is buite die bereik (Geldlik of andersins) van baie mense wat sagte teikens is. Ek self kan nie ‘n 16 kamera sisteem bekostig nie, maar ‘n boer (Of nou wel ‘n dorpssjapie met boere bloed) maak ‘n plan. As mens nie al die “fancy” toeristing kan bekostig nie, doen wat ek gedoen het. Mens kry die buite ligte wat op ‘n sensor werk (Die wat automaties in die aand aanskakel sodra dit beweging optel). Neem een gloei lamp uit en soldeer ‘n kragdraad in die se plek (Of maak die kassie oop en soldeer direk die draad aan die gloeilamp kabels vas). Dan lei jy die krag draad vanaf die lig “unit” na jou slaap kamer waar jy dit aan ‘n helder lig en/of sirene vas monteer. Plaas die buitelig so in jou erf dat dit sal aktiveer as dit beweging optel en presto. As die lig beweging optel word jy dadelik in jou slaapkamer bewus daarvan, en kan dan aksie neem. Ek slaap rustig (As wat mens kan in die nuwe Suid Afrika) met my self gemaakte buitelig alarm.

Elsabe Bierman ·

Dit moet end kry. Swaarder strawwe moet gegee word. Bring di doodstraf terug. N oog vir n oog toepassing moet gehandhaaf word.

Sally Pinchin ·

My grandmother got murdered on their farm outside Schweizer on the Honeyskop dirt road. They caught the perpetrators but the sentencing was only 15 years. I think we should get the death penalty in SA :(

James ·

Iets maak nie vir my sin hier nie. Soos al genoem, almal kom op die zelfde tyd by die erf in, tog van die ander angles af begin die kameras op diezelfde tyd as die inkomslag by die hek voor die huis ?? Ook, hulle weet pressies waar die kameras is. Hulle sluip onder die venster deur maar loop verby die schuifdeur ? Nog n ding wat pal, hulle kry nie die middelhek oop nie, maar loop gewoon om na n ander ingang ? Dan skin hulle die flits in 1 kamer in, loop tot by die kamera en draai dan om ? Sonder om in dei kamers in te gaan of iets te steel ? Jammes maar die is nie eg nie. Die is gestage. Die gewere is dalk eg.

Dean ·

Hi almal, dis regtig siek om te dink ons kan niks se of doen in hierdie land oor ons plaas moorde nie, al wat mens eintlik kan doen is om te probeer veilig bly, ek het 16 kameras op my plek, elke kamera het n sensor wat n alarm laat af gaan in my kamer sodra daar n beweeging is, dan sit ek reg met my 308, die blik**# moet net try in kom. die plek wat dit vir my in gesit het vra regtig nie baie nie, julle kan hulle gerus bel, ek slaap baie rustig om te weet as iemand in kom gaan ek weet, en hy gaan k*#. CMS Security Systems 072 841 7682

Ria Gertenbach ·

Ek wil net daai klop mense wat so vinnig is om verkeerdelike kommetaar te lewer se,hulle was nog nie in so inbraak betrokke nie, ons was 10 jaar gelede aangehou met gewapende roof daar was 4 van hulle en een buite om patrollie te hou, alles in die huis gesteel plus ons twee karre net die meubels het staande gebly. Ons lewens het toetaal verander na die aanval. Ons het ligte regrondom die huis laat instaleer beste diefwering voor elke venster “beams” alarm stelsel en electric fensing en veiligheids hekke wat die kamers afkort. Ek wil net weet is dit hoever n mens moet gaan om jou self te beveilig?????????? net om by te las tot vandag toe nog niks van ons polisie gehoor nie.

Gerda Claassen ·

Mag die Here die krag en genade gee dat dit nou vir eens en vir altyd gestop word. Dit is ongelooflik hoe onskuldige mense aangeval en vermoor word en dat dit nie politiek georienteerd is nie. Nonsens

Marie Le Hanie ·

Of die gemaskerde sluipende persone nou groen, pers of van mars is, Dit is deel van ons daaglike bestaan, en as JY nie besef dat dit daagliks om ons gebeur nie voel ek maar jammer vir jou!

WORD WAKKER, jy mag dalk die volgende slagoffer word! NIEMAND WIL ‘N STATISTIEK WORD NIE! So indien jy die negatiewe in hierdie video wil soek, mooi so! Negatiewe mense word ook vermoor! Ek stel voor, WEES PARAAT, MAAK VOORSIENNING EN BESKERM JOU FAMILIE EN JOU SELF!

BARRY BECK ·

Veiligheidsigte wat beweging optel is ‘n bekostigbare manier om hierdie probleem aan te spreek. Ian Coetzee se plan ( sien 20 november) werk regtig.Vandat ek vier van die veiligheidsligte met “buzzers” wat binne en buite gehoor kan word,op strategiese plekke buite aangebring het ,het die sluipers en inbrake by my opgehou.Die “buzzers” wat ek gebruik het is 12v gelykstroom en het ‘n klein transformer gebruik om van 220v na 12 volt oor te skakel.Ek het hulle by ‘n sekuriteitswinkel gekoop.Dis belangrik dat ons weet van hulle voordat hulle in die huis is.Die “buzzers” moet verkieslik ook deur die misdadigers gehoor kan word,dan vlug hulle gewoonlik en is geen konfrontasie nodig nie.Dit is elkeen se keuse.Ek moet se, ek het in die eerste 2 weke baie wakker geword en teen die tyd wat ek op was niks gewaar nie,maar my goed raak nie meer weg nie.

Leonie ·

I looked at this video and kept wondering what took so long for them to do something , and it does not tell us, did they get into the rooms ? Did they steal anything ? This video just shows 3 men well dessed in like a uniform , they look African to me , but I am also not convinced this is real, can someone tell us what happened, did they leave without attempting anything else , did they co from the owners! Where they caught? They did not put hr cameras of? It’s disturbing to watch but nothing concrete to tell us what happened.?

joey jansen ·

Die Suid-afrikaners moet wakker word want voordat misdaad jou nie getref het nie weet jy waarvan jy praat nie. Hoop dit gebeur nie met een van die siek mense wat so smalend na die video verwys as ‘n stage show nie ons lewe en sit op ‘n tydbom wat wag om te gebeur.
Die regering van die dag en die Polisie word deur terros geregeer wat het in die 20 jaar gebeur met die huidige regering? Die doodstraf is afgeskaf,Godsdiens is uit ons skole, werke ,huise uitgesteel want dit word nie meer as van toepassing beskou nie ons het vir ons Gods beelde gemaak van politisie, wette word gemaak maar niks kom tot uitvoer nie, want ons word link en regs belieg, korupsie is aan die order van die dag en nog meer.
So my liewe en mede Suid-Afrikaners maak ‘n skag julle oë oop en begin saam praat en dink want die volkie van ons moet ‘n slag hulle veraaier uitkyk hersien die Geskiedenis van hulle herkoms gaan leer en dan weer ‘n skrywe rig en verskoning vra vir die gene wat al deur misdaad deurgeloop het, en met hulle lewens duur betaal het terwyl die wat daarvoor verantwoordelik is soos Vet katte rond loop en op die eerste vlug klim waarvoor ek en jy die belasting betaler betaal,

Susan ·

Dis ongelooflik hoe tydsamig en versigtig hulle is! Ek reken die uitkoms is om die wêreld te skok met die werklikheid. Die video is niks in vergelyking met die grusame aanvalle wat al vir jare, en steeds, aangaan nie! Die naakte waarheid sal ons ten minste n duidelike stem gee wat moeilik geignoreer sal word……

Mari ·

Ek gee nie om of hierdie ‘n opvoering was of nie. Punt is, dit gebeur regtig. As hierdie video ‘n verskil kan maak, hoekom nie!

Annie ·

Eerlik waar, mens wat se maak dit meer gedramatiseer of meer wreed. Wel indien jy video material van geliefdes het wat gruwelik vermoor is, gaan jy die event aan die hele wereld wil bekend maak en net seer emosies en trane en hartseer wil oopkrap? Wel ek persoonlik sou dit nie verkies nie want daardie person dood of de nie sal nie verneder wil word nie. Ons lewe in die laaste dae, en afriforum wil net wys met n egte gebeurtenis dat dis wat gebeur en ja daar gebeur erger mar dan kom di mense wat so blind is ne niks warry nie dat dit dalk net n drama is. Wit of swart ongeag die kleur van die inbrekers dit bly erg! Moenie deel wees van die blindes wat nie realiteit raak sien nie en begin bid en maak seker jou saak en verhouding met God is reg, want daar waar jy nou loop/ry/ of gaan kan jou lewe se dis nou verby en jou lewe eindig ongevraagd. of jy nou n moord gepleeg het en of jou lewe met God nie reg is nie gaan jy veroordeel word. Mense moet begin saam staan in situasies soos die en veg vir die plaasmoorde in plaas van baklei oor of die beeld material eg is of nie. Dit wys net waar le julle lojaaliteit!

david ras ·

Wat my opval is dat die “verdagtes” binne die huis beweeg, in volle aansig van die sekuriteitskameras en geen alarm gaan af nie ! Waarvoor kameras installeer en dan gaan slap sonder ‘n alarm om mens wakker te maak en waarsku dat iets fout is ? Die kameras het slegs een doel en dit is om te wys waar die vyand is .
Dit help niks as die kameras wys waar die vyand is en die inwoners le heerlik en slaap nie.
Ek betwis geensins die egtheid al dan nie, van die video nie.

As Afriforum hierdie film aan die VN wil toon kan ek hulle waarborg dat die enigste reaksie gaan wees :”so what ? this could have happened anywhere on the planet ”
As dit hulle doel is om plaasbewoners meer paraat te maak, meen ek hulle sal slaag in hulle doel.
As ‘n propagandastuk t.o.v. die buiteland, is hierdie video nie veel werd nie.

marita nunes ·

julle mense wat ooit kan dink dit is gestage maak my siek! beleef dit eers self en julle sal minder wil speurder speel en kyk of ons arme stupid Afrikaners nou weer wil aandag trek. kom by man. dit is die regte ding (the real thing)

Eurika ·

Dit is beslis waar. Neus en lippe duidelik sigbaar en die verwarde, angstige oe. Al ooit daaraan gedink dat die oorpakke splinternuut uit plastiekpakkies kom wat waarskynlik gesteel is. En die trek hulle dan uit en smyt dit weg, want dit sal waarskynlik bebloed wees na die aanval!!! Eerste teken as polisie begin rondvra

fred ·

Dit is skokkend om te sien hoe naby die arme mense aan aanranding, of selfs hul dood was. Daar is ongelukkig nie beter vooruitsigte nie – dit sal aanhou en aanhou… eenvoudig omdat daar in SA ten minste 10 miljoen barbare bly wat geen gevoel of simpatie het met enige eindom of enige lewe op die aarde nie.
Dit het 300 jaar geneem om van hierdie mense gedeeltelik te “ontbos” en gaan nog 300 jaar neem om hulle te “beskaafd”.

Charmaine ·

Hi almal.

Ek het twee skaapkinders(honde) en is baie agresief met vreemdelinge. Ek het hulle so mooi geleer, hul sal nie verniet blaf nie. As hul wel blaf in die nag, is ek onmiddelik wakker! Het myself al so ingestel. Ons het ook ‘n klein wakker basterjie wat in die huis slaap, en dit lyk vir my of hy alles wat vreemd is kan ruik. Hy maak ‘n groot lawaai as hy iets ruik of vreemds hoor, maar ook nie verniet nie hoor. Die beste wapen nog, is my God se engele!!. Ek eis elke aand wat in SY woord staan, Hy sal sy engele aangaande ons aanse om ons te beskerm, vat net die belofte, maak dit jou eie. Ons stryd is nie teen mense nie, maar teen die bose magte in die lug!!! (Geestelik) Bid, bid en bid.
My gebed vandag is dat ons God elkeen sal beskerm wat op plase bly en selfs in die dorp.

Pieter Scholtz ·

Ek het al op mense afgekom wat gepoog het om my huis en diere aan te val. Ongelukig het ek hopeloos te veel honde op my werf. Die groot maat van geraas bine en buite my huis het my waker gemaak. Ek het het hulle buite die werf betrap met dieselde bekleding. Raai wat? Een van hulle was WIT.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.