Video: Selfmoordbom voor Olimpiese winterspele

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Beeldmateriaal wat die oomblik wat die bom ontplof wys, volg onderaan die berig. Pres. Wladimir Putin van Rusland het verskerpte veiligheidsmaatreëls ingestel na ‘n vrou tydens ‘n selfmoordbomaanslag in Volgograd die lewe van minstens 14 mense geëis het.

Meer as 25 mense is ook beseer toe die vrou Sondag die bom net voor die stasie se metaalverklikkers laat afgaan het.

Volgograd, voorheen Stalingrad, is net 688 kilometer van Sotsji waar die Olimpiese winterspele in Februarie plaasvind. Beide stede is in die omgewing van die Kaukasus waar verskeie radikale Islamitiese groepe, waaronder Tsjetseense terroriste, gereeld terreurdade pleeg. In Oktober het ‘n vrou haar ook tydens ‘n selfmoordaanslag in ‘n bus in Volgograd die ewigheid ingeblaas. Ses mense is toe dood en 30 mense beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Dit is darem baie erg. Sterkte aan die beseerdes, aan die wat omgekom het se families, sterkte vir julle almal. Dit kan beslis nie maklik wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.