Video: Selfmoorddrama by Kaapse burgersentrum

Die op die Civic Centre. Foto: Nielen de Klerk / Twitter

Die op die Civic Centre. Foto: Nielen de Klerk / Twitter

Beeldmateriaal van die man wat dreig om van die Burgersentrum in Kaapstad se dak af te spring, is op YouTube vrygestel. Die voorval is vinnig op Twitter versprei en gebruikers verwys na die man as die #CivicCentreMan. Dié hutssleutel is hoog op Twitter se gewildheidslys.

Een Twitter-gebruiker het ook ʼn tong-in-die-kiesrekeninging geskep met die naam @CivicCentreMan. Die beskrywing lui: “Still deciding…” [besluit nog…]. Sy rekening is egter gou opgeskort.

Dié vals rekening en die man, wat dreig om te spring, ontketen gemengde reaksies van persone op die toneel en persone wat die gebeure op Twitter volg. Van die mense op die toneel het hom glo aangemoedig om te spring, aangesien hy al vir ʼn geruime tyd op die dak is. Volgens gerugte is die man reeds sedert 09:00 op die dak toe hy moontlik drank langs die gebou afgegooi het.

Een verbruiker twiet: “Man on top of civic centre in CT threatening to jump” can he hurry up already, i’m running out of popcorn…” [sic]
Caryn Welby-Solomon (@carrieanne07) skryf: “Considering foregoing lunch in order to go watch the dude jump from the civic centre.” [sic]
Cape Town Bru (@CapeTown_bru) skryf: “JanuWorry has the ability to make a full grown man threaten to commit suicide by jumping from the Cape Town Civic Centre.” [sic]
Daar is egter mense wat hom ondersteun. Die gebruiker Her. (@OhSoZeee) skryf: “There’s a man threatening to jump off the Civic Centre and people are actually encouraging him. wtf.” [sic]

Nielen de Klerk (@nielendk wat ʼn joernalis en fotograaf is) skryf: “ Ppl are yelling ‘superman of bellville’, many have left saying they’ll ‘see the outcome on th news’ #civiccentreman” [sic]

Maroela Media het vroeër berig ʼn groot groep skare drom saam by die Burgersentrum in Kaapstad waar die man van die dak van die 23 verdieping hoë gebou dreig om na sy dood te spring.

Die polisie, brandweer en rampbestuureenheid is op die toneel en het inwoners versoek om die gebied te vermy. ʼn Traumaberader is ook op die toneel en probeer om die man te oorreed om nie te spring nie. Teen 12:00 was die berader, na wat verneem word, reeds twee en ʼn half ure lank besig om met hom te praat.

Wilfred Solomons-Johannes, ʼn woordvoerder van die stad se rampbestuureenheid, het aan Maroela Media gesê dit is nie duidelik hoe die man op die sentrum se dak gekom het nie. Dit is ook nie bekend of die man ʼn munisipale werker of ʼn lid van die publiek is nie. Die man se identiteit is nog nie bekend nie.

Die video is deur MyEdit App op YouTube gelaai.

http://youtu.be/AgRsRxuuEV4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Liewe genade, wat noop ‘n mens om tot sulke uiterstes te wil gaan – in die persoon se geval, hoekom spring hy dan nie en kry klaar nie ? Hoop hy dat iemand hom sal ompraat om nie te spring nie, of wat.

My handpalms is natgesweet deur net daarna te kyk …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.