Video: Sepiesterre rol in die modder vir liefdadigheid

Verskeie sepiesterre het Sondag veel meer as hul hande vuilgemaak toe hulle mekaar die stryd aangesê het om geld vir liefdadigheid in te samel. Hulle moes letterlik hul lywe deur die modder sleep om te veg vir ʼn liefdadigheidsorganisasie van hul keuse.

Dit was Suid-Afrika se heel eerste Warrior-hindernisresies en het die naweek in Midrand plaasgevind. Die sterre van die gewildste sepies op televisie, insluitend Binnelanders, 7de Laan en Villa Rosa,  het deelgeneem. Die span van Villa Rosa het koning gekraai en gaan hul wengeld aan die Abraham Kriel-kinderhuis skenk.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.