Video: Seun tel diamant in park op

Michael Dettlaff met die diamant Foto: State Parks of Arkansas

Die grootte van die diamant kan onderaan die berig in ‘n foto gesien word. Michael Dettlaff (12) van North Carolina in Amerika het onlangs Arkansas se Crater of Diamonds besoek toe hy ʼn diamant raakgesien het wat hy vir homself mag hou.

Dettlaff was op 31 Julie saam met sy gesin toe hy die 5.16 karaat heuningbruinkleurige diamant opgespoor het, berig CNN.

Besoekers kan glo sedert 1972 die park besoek en hulle mag, wat hulle ook al opspoor, vir hulleself hou. Alhoewel klein diamante gereeld in die gebied opgespoor word, het Dettlaff gesê hulle is vroeër gewaarsku om nie hoë verwagtings te hê nie. “Hulle het gesê mens kry baie klein diamantjies. Ek het verwag om bietjie van hulle op te tel.” Maar dit het hom slegs ʼn paar minute geneem voordat hy dié rekord-ontdekking gemaak het. “Ons was seker so 10 minute lank daar toe ek dit gesien het. Dit was glaserig en baie glad.”

Dettlaff se steen, wat hy nou “God se heerlikheid” noem, is die 27 grootste diamant wat ooit in dié gebied opgespoor is, berig The Associated Press. “Dis wonderlik as ʼn kind iets hier opspoor,” het Waymon Cox, woordvoerder vir die park, gesê. “Michael was baie opgewonde om sy eie diamant op te spoor, maar hy was oorstelp van vreugde toe hy die waarde daarvan uitgevind het.”

Die waarde van dié diamant beloop ongeveer $15 000 (bykans R150 000).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.