Video: Seun val amper ook uit tuimeltrein

‘n Sewejarige seun het Maandag byna op ‘n tuimeltrein in die moeilikheid beland ná ‘n vrou Vrydag by ‘n soortgelyke vermaaklikheidspark dood is toe sy uit ‘n tuimeltrein geval het.

Stephanie Shearer sê sy was baie bekommerd toe haar sewejarige op die Dahlonega Mine Train by Six Flags over Georgia geklim het, berig 11Alive. “Die tuimeltrein waarop hy gery het is slegs sowat vier verdiepings hoog, maar ek het die heeltyd gedink aan die vrou wat Vrydag afgeval het,” het Shearer gesê.

Rosy Esparza (52) is dood nadat sy Vrydag uit die Texas Giant-tuimeltrein by Six Flags over Texas geval het. Dié tuimeltrein is sowat 14 verdiepings hoog. Klik hier vir ‘n video oor die voorval en om meer te lees.

Shearer het glo gesien hoe haar seun, Foster, haar aandag probeer trek net toe die tuimeltrein begin vertrek het. “Hy het na die veiligheidsbalk beduie, aangesien dit nie stewig genoeg vasgedruk was nie. Sy en haar ma het glo begin gil totdat hulle die assistent by die tuimeltrein se aandag kon trek en hy die rit gestop het om die balk reg te maak. “Die persoon wat die veiligheidsbalke moet nagaan het moontlik nie sy werk behoorlik gedoen nie, want dit is duidelik dat die balk nie stewig vasgedruk was nie,” het sy bygevoeg.

Shearer is oortuig haar seun sou nie in die karretjie kon bly as die tuimeltrein gery het nie.

11Alive het glo herhaaldelik probeer om kommentaar van Six Flags te bekom, maar was onsuksesvol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.