Video: Seuntjie met seldsame siekte kort dringend hulp

Dihan Meyburgh. Die video volg onderaan die berig.

’n Tweejarige seuntjie van Delmas in Mpumalanga het dringend ‘n beenmurgoorplanting nodig.

Dihan Meyburgh het ‘n seldsame immuunsiekte, en sy dokters by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria sê hy sal heel moontlik nie ouer as vyf jaar oud word as hy nié die prosedure ondergaan nie. ʼn Gepaste beenmurgskenker is reeds gevind, maar sy ouers het net nie die geld om daarvoor te betaal nie.

Sy boetie is ses jaar gelede vermoedelik aan dieselfde siekte dood.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Soos in die geval van Pippie, glo ek sal ons mense die klein mannetjie ook finansieël van hulp wil wees.

Eben ·

Hoeveel het die ouers nodig …. Soos Natalie vra waar is die bank besonderhede? Dat ons die man(netjie) kan help!

Magda Kruger ·

Kan iemand my asseblief se waarvoor die Nelson Mandela Kinderfonds gebruik word? Is dit nie juis vir gevalle soos hierdie waarvoor daardie geld aangewend moet word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.