’n Tweejarige seuntjie van Delmas in Mpumalanga het dringend ‘n beenmurgoorplanting nodig.
Dihan Meyburgh het ‘n seldsame immuunsiekte, en sy dokters by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria sê hy sal heel moontlik nie ouer as vyf jaar oud word as hy nié die prosedure ondergaan nie. ʼn Gepaste beenmurgskenker is reeds gevind, maar sy ouers het net nie die geld om daarvoor te betaal nie.
Sy boetie is ses jaar gelede vermoedelik aan dieselfde siekte dood.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Soos in die geval van Pippie, glo ek sal ons mense die klein mannetjie ook finansieël van hulp wil wees.
Waar kan ons die bankbesonderhede kry vir hierdie fonds?
AI shame, ek hoop regtig hulle samel genoeg in!
Kan mens nie laat toets om te kyk of ons gepas sal wees nie?
Hoeveel het die ouers nodig …. Soos Natalie vra waar is die bank besonderhede? Dat ons die man(netjie) kan help!