Video: Shuttleworth sleep regering hof toe

Mark Shuttleworth

Mark Shuttleworth se regspan voer aan plaaslike entrepreneurs moet suksesvolle internasionale besighede op die been kan bring sonder om landuit hoef te gaan.

Daarom sleep die IT-entrepreneur en filantroop die Reserwebank, minister van finansies en president Jacob Zuma hof toe. Shuttleworth soek sowat R250 miljoen van sy geld, wat in staatskoffers lê, terug. Hy voer aan hy is onregmatig van die geld ontneem toe hy ‘n 10%-heffing op sy bates moes betaal voor hy dit uit Suid-Afrika kon neem.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.