Video: Simon Cowell met eiers bestook

Simon Cowell

ʼn Vrou het Saterdagaand tydens die eindronde van die werklikheidsreeks, Britain’s Got Talent, van die verhoog af vir Simon Cowell met eiers bestook.

Cowell was Saterdagaand een van die beoordelaars. Hy was besig om ʼn vertoning van twee broers, Richard en Adam, te kyk toe die vrou van agter die verhoog uitgehardloop en hom met eiers begin gooi het. Veiligheidsbeamptes het haar later van die verhoog af verwyder. Cowell het sy baadjie uitgetrek en die program het voortgegaan. Die broers het tydens die voorval aanhou sing, en uiteindelik derde geëindig.

Die organiseerders van die program het in ‘n verklaring gesê daar gaan nie strafregtelik teen die vrou, Natalie Holt (30), opgetree word nie. Sy was glo lid van die orkes wat musiek vir die twee broers gemaak het. Sy het die broers om verskoning gevra en gesê sy besef dit was ʼn simpel ding om te doen. Lees meer hier.

http://youtu.be/APT8KIN5BBI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.