Video: Sing vir Madiba

Nelson Mandela Foto: GCIS

Die organisasie Lead SA het ʼn beroep gedoen op mense wêreldwyd om vandag om 8:00 ʼn spesiale liedjie te sing vir oudpresident Nelson Mandela op sy 94ste verjaardag.

Op Madiba se verjaardag, wat ook bekend staan aan Internasionale Mandeladag, word mense aangemoedig om 67 minute van hul tyd vir minderbevoorregtes op te offer soos wat Mandela 67 jaar opgeoffer het om vir menseregte te veg. Mandela was die president van Suid-Afrika van 1994 – 1999 nadat hy 27 jaar in die tronk spandeer het. Hy is die pa van ses kinders en het twintig kleinkinders.

Die woorde van die spesiale liedjie:

Happy birthday to you,
Happy birthday to you,
Happy birthday, dear Madi- ba,
Happy birthday to you.
We love you Tata,
We love you Tata,
We love you, dear Madiba,
Happy birthday to you.

Die liedjie is op 29 Mei 2012 deur talle bekendes en duisende Suid-Afrikaners opgeneem by Nelson Mandela-plein in Sandton.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.