Video: Sjinese seun in sneeu ontketen herrie

Foto: Facebook

ʼn Video wat wys hoe ʼn vierjarige Sjinese seuntjie se ouers hom dwing om in sy onderbroek in ysige weer deur die sneeu te hardloop het sosialemedia-gebruikers ontstoke.

Die pa het volgens berigte probeer om sy seun te leer om glo sterk en gesond te wees. Die video het sosiale gebruikers egter ontstoke en het opnuut vrae laat ontstaan oor Sjinese ouerskap en die streng metodes wat hulle gebruik. Die pa het glo tydens ʼn onderhoud gesê hy en sy gesin was met vakansie in New York verlede maand toe die video gemaak is. Die temperatuur was glo -13°C ten tyde van die verfilming. Die pa sê hy het sy seun probeer leer om sterk te wees aangesien hy twee maande vroeg gebore is en gesondheidsprobleme het.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.