Video: Sjokonoster vir bewusmaking

CaptureAs jy ‘n soettand het, gaan die versoeking die week groot wees in Bloemfontein. Die stad skud sy vere reg vir ‘n sjokolade- en lekkerskou soos min. Dit begin Donderdag by die Loch Logan-waterfront en toeskouers kan hulle lippe aflek vir allerlei vertonings met sjokolade as hooftrekpleister. Die skou se grootste ster is egter sonder twyfel ‘n reuse sjokoladerenoster, wat opgerig word ten bate van Internasionale Red die Renoster-dag.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.