Video: Skaatsplankryer op spoedkamera gevang

ʼn Video van ʼn Kaapstadse skaatsplankryer wat by Kloofnek afjaag teen ʼn spoed wat ʼn munisipale spoedkamera laat afgaan, maak opslae op Youtube.

Die skaatsplankryer, Dec’io Lourenc’o (24), snel by Kloofnek af en word deur ʼn spoedkamera afgeneem wat vir spoed meer as 60km/u vang. Hy het aan die media gesê hy het al baie verby die kamera geskaats en dat die spesifieke kamera nie vantevore afgegaan het nie, omdat die skaatsplank te lig is. Hy sê die voertuig, wat agter hom aangery het om hom te verfilm, het die kamera laat afgaan. Die voertuig het teen ʼn spoed van tussen 70 en 80km/u agter hom aangery om by te bly. As verkeersbeamptes hom opspoor, kan hy R200 beboet word vir skaats op ʼn openbare pad.

André Roux het die video afgeneem en op 26 Januarie op YouTube gelaai. Dit is teen Woensdagmiddag al meer as 150 619 keer gekyk. Die laaste video van Suid-Afrika wat soveel opslae op YouTube gemaak het, was ʼn video waar ʼn bok ʼn bergfietsryer omhardloop. Sien dit hier.

http://youtu.be/Wt_ZL6rWHLA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Ek kan nou nie die berig mooi verstaan nie. Hulle sê as hulle hom kan opspoor, kan hy ‘n boete van R200 kry, maar hulle noem die ou se naam asook die een wat hom afgeneem het, se naam. Nou hoe kom hulle daaraan en dan kan hulle mos die mense opspoor. Dit maak net nie vir my sin nie.

Thomas ·

Die liedjie se woorde wat gepaard met die flits van die spoedkamera gaan op daardie oomblik “there is a time an angel fly”, nogal heel van pas.

Marthinus ·

Ag asseblief, die land is in erge gemors en nou wil die verkeersbeamtes ewe skielik ophou vis en chips eet onder bome terwyl hulle moet werk en n skateboard renmeester vang. Ek is seker hulle is net boos omdat hulle name bollie gemaak word oor en oor. Vang eerder die taxi bestuurders wat geen respek het vir die padreels nie

Marthinus ·

Ag asseblief, die land is in erge gemors en nou wil die verkeersbeamtes ewe skielik ophou vis en chips eet onder bome terwyl hulle moet werk en n skateboard renmeester vang. Ek is seker hulle is net boos omdat hulle name bollie gemaak word oor en oor. Vang eerder die taxi bestuurders wat geen respek het vir die padreels nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.