Video: Skadudansers gunsteling om te wen

ʼn Groep skadudansers blyk die gunsteling te wees om vanjaar met die kroon weg te stap tydens Saterdagaand se eindronde van die werklikheidsreeks Britain’s Got Talent.

Die eindronde van dié werklikheidsreeks sal na verwagting die hoogste kykersyfers vir die jaar oplewer met 15 miljoen mense wat na verwagting voor die kassie vasgenael sal sit. Daar is egter omstredenheid rondom die moontlikheid dat daar vanjaar ʼn buitelandse wenner gaan wees. Attraction, ʼn groep skadudansers van Hongarye, blyk die gunsteling te wees om vanjaar se kompetisie te wen. ʼn Video van Attraction se oudisie is reeds nagenoeg 19 miljoen keer op Youtube gekyk en het ʼn staande toejuiging van al vier beoordelaars, insluitend die grompot Simon Cowell, gekry. ʼn 11-jarige meisie van Suid-Afrikaanse ouers neem ook aan vanjaar se eindronde deel. Haar ouers, Luyanda en Prudence Jezile, van Oos-Londen in die Oos-Kaap, bly al die afgelope 10 jaar in die Verenigde Koninkryk. Die 11-jarige Asanda Jezile is een van 12 mense wat die eindronde van die reeks gehaal het en Saterdag met R3.8 miljoen in prysgeld kan wegstap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.