Video: Skare buite Mandela-hospitaal

Sakeman Kenny Kunene, Tshwane-burgemeester Kgosientso Ramokgopa en Thabo Makgoba, Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, is van die besoekers wat Dinsdag by die Pretoriase hospitaal, waar voormalige pres. Nelson Mandela behandel word, gesien is.

Kunene het blomme buite die ingang na die Medi-Clinic Harthospitaal in Celliersstraat geplaas en het met die media gepraat. Celliersstraat is ook in dié stadium versper.

Die presidensie het Dinsdagmiddag gesê Mandela se toestand is onveranderd. Die presidensie het Sondagaand in ʼn verklaring bevestig dat die staatsman se toestand oor die naweek versleg het en dat hy in ʼn kritieke toestand is.

Sakeman Calvern Hugo het Dinsdag sowat 60 wit duiwe buite die hospitaal vrygelaat. Klik hier om meer te lees.

Winnie Madikizela-Mandela, Mandela se eksvrou, het net ná 12:30 saam met haar dogter, Zindzi Mandela-Motlhajwa, opgedaag.

Ander familielede het by Mandela se huis in Qunu in die Oos-Kaap vergader. Klik hier om meer te lees.

Die skare buite die hospitaal het laatmiddag buite die hospitaal begin sing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.