Video: Skokgranaat tydens DA-betoging gegooi

Foto: Dave Bryant @davebryantct / Twitter

Foto: Dave Bryant
@davebryantct / Twitter

Die video volg onderaan die berig.

Die polisie moes Woensdagmiddag van rubberkoeëls en skokgranate gebruik maak om ʼn groep ANC-ondersteuners uit mekaar te dryf nadat hulle glo op die polisie en betogende DA-lede afgestorm en klippe na hulle gegooi het. Verslaggewers het ook oor die polisie se radio’s gehoor dat daar glo beslag gelê is op drie petrolbomme. Dave Bryant het ʼn videogreep op Twitter gelaai wat wys hoe ʼn petrolbom ʼn polisiebeampte rakelings mis (sien foto aangeheg).

Die video is deur die verbruiker Katlego Modiba op YouTube gelaai.

Lees ook:
Vonke spat by DA-betoging
Volg DA-optog hier
DA-optog: Hof sê nee vir ANC
ANC beskerm homself teen DA-optog
DA-optog in Johannesburg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George Barnard ·

Sien dit is presies waarvan ek praat dit is nou presies Mugabe se lokasie maniere wat die ANC aangeleer het , hulle wil alles he en doen maar sodra die opesisie dit doen tree hulle so geweldadig op Zuma moet eerder begin om sy ondersteuners op te voed en te disiplineer .maar ja as hy dit doen wat gaan bra Mugabe dan se

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.