Video: Skote gevuur by Cannes-filmfees

Christoph Waltz

Video volg onderaan die berig.‘n Man is Vrydag by die Cannes-filmfees in hegtenis geneem nadat hy ‘n vuurwapen, wat slegs met loskruitpatrone gelaai is, tydens ‘n regstreekse televisieonderhoud afgevuur het.

Canal+ was besig om ‘n onderhoud te voer met Christhoph Waltz, wat die Oscar-toekenning vir ‘n akteur in ‘n ondersteunende rol in Django Unchained gewen het, toe ‘n man twee skote van ‘n afsitpistool gevuur het, berig CNN. Die man het glo ook ‘n fophandgranaat in een hand gehad. Beeldmateriaal en foto’s van die voorval wys hoe Waltz en Auteuil na beskerming geneem word en hoe omstanders probeer koes en weghardloop.

“Die skote was slegs loskruitpatrone en die granaat was ‘n vervalsing,” het Michel Denisot, Canal+-aanbieder, ‘n wyle later op die lug gesê.

Geen beserings is aangemeld nie. Die Franse owerhede het die man dadelik in hegtenis geneem, maar nog nie die man se identiteit bekendgemaak nie. Die 43-jarige verdagte sal Sondag in die hof verskyn. Hy het aan die polisie gesê hy glo in God en wil die wêreld verander, het ‘n Cannes-polisiebeampte gesê. Hy word deur ‘n sielkundige ondersoek wat bepaal het dat die man nie “geestesversteurd” is nie.

Die wêreld se rykstes en bekendstes woon dié jaarlikse rolprentfees by vir die glanspartytjies en vertoning van rolprente.

Juwele ter waarde van meer as $1 miljoen, wat aan Chopard-juweliers behoort het, is dieselfde Vrydagoggend uit ‘n hotelkamer in Cannes gesteel. Klik hier om meer te lees.
http://youtu.be/RAnejeTSqaY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.