Video: Slange se stank laat bure kla

William Buchman Foto: Santa Ana-polisiedepartement

William Buchman Foto: Santa Ana-polisiedepartement

‘n Video volg onderaan die berig. Bure wat oor die ondraaglike stank wat uit ‘n Kaliforniese woonhuis gekom het, gekla het, het die polisie na ‘n huis gelei waarin hulle 350 dooie en twee lewende luislange in aangetref het.

Die slange was in oop plastiese bakke. Rotte en muise is ook gekry.

Bure sê hulle het al vir maande oor die stank gekla wat tot ‘n honderd meter van die huis af ondraaglik was.

William Buchman, ‘n 53-jarige onderwyser van Santa Ana is weens diereverwaarlosing aangekeer. Volgens die polisie het Buchman drie jaar gelede depressie ontwikkel na sy ma dood is, en dit het later ‘n bestaande afwyking laat vererger. Hy het toe die slange begin verwaarloos.

Buchman het die slange oorspronklik aangehou om spesiale kleurvariasies te teel. Dié spesiale slange het aanvanklik pryse van meer as $1 000 gehaal, maar het skerp gedaal toe die mark versadig geraak het.

‘n Polisieman wat aan die klopjag deelgeneem het sê hy het na die oorval gevoel of hy lanklaas gebad het.
Bronne: US Today, De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.