Video: Slim dolfyn kom vra “hulp” by duikers

‘n Groep duikers het vroeër in Januarie in Hawaii gaan duik toe ‘n benoude bottelneus-dolfyn by hulle om hulp kom aanklop het.

Die groep was in die aand naby Kona-kus in Hawaii besig om te kyk hoe Atlantiese Mantas plankton vreet, toe die dolfyn opgedaag het. ‘n Stuk vislyn was tussen sy bek en linkerborsvin vasgevang en die vis het gesukkel om te swem. Keller Laros, ‘n duiker, het die geduldige dolfyn gehelp en Martina Wing het die reddingspoging afgeneem. Die byskrif in die video is nie heeltemal korrek nie, aangesien dit vir die duiker moontlik was om die hoek en vislyn geheel en al van die dolfyn te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JOHN HANDY ·

Ek is n’ vars water hengelaar al 50 jaar. In die tydperk het ek al vele wilde voels en eende gekry wat nie gon looo of vlieg nie. Omrede hulle bene of vlerke in vis lyn vas gevang is. Die wat ek kon vang was los gemaak, maar ander het sewker van honger gevrek. Ek loop altyd by dame en reviere waar ek hengel en tel bose vislyn op wat deur onverskillige mense net neer gooi en baie pyn en lyding veroorsaak..
Ekn se dankie aan die mane wat hirdie Doltyn gehelp het. Die Here sal hulle seen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.