Video: Sloerstaking by Middelburg-hospitaal

Die staatshospitaal in Middelburg se erge personeeltekorte is slegte nuus vir motoriste wat die Paasnaweek die N4-hoofweg gaan gebruik om hul vakansiebestemmings te bereik.

Dié dorp is op die pad na plekke soos die Krugerwildtuin, Mosambiek en Swaziland, en die hospitaal is nie in staat om noodgevalle, soos motorongelukke, te hanteer nie.

Personeel by die hospitaal sê hulle sal volhou met ‘n sloerstaking tot daar aan hulle eise gehoor gegee word. Talle pasiënte vrees dat hulle ledemate kan verloor of hulle lewens in gevaar is.

Maroela Media het vroeër berig Herman Loots, ʼn inwoner van Middelburg, moes onlangs sy bakkie verkoop om geld te probeer insamel om sy seun se lewe te red. Klik hier om meer te lees.

Maroela Media het ook berig oor Wessel Visagie, ʼn suikersiektelyer wie se been op 25 Januarie geamputeer moes word as gevolg van gangreen. Hy het glo nie genoeg antibiotika ontvang ná sy operasie nie en kry slegs Panado’s vir die pyn. Lees meer hier

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

asb waneer is hulle ooit in staat om ienigeiets te hanteer? sloerstaking? maar net i voortsetting van hulle patetiese diens wat hulle verskaf waarvoor ons belasting geld mut betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.