Video: Sneeu in Bloemfontein

Foto: Neil Magielies

Weervoorspeller Karl Loots sê dat sneeu Saterdag in die hoogliggende gebiede van die Oos-Kaap, Lesotho en die suidelike en oostelike Vrystaat mag val.

“Ons verwag swaar reënval in die Oos-Kaapse kusgebied, hoofsaaklik wes van Oos-Londen,” het Loots gesê. Die weerburo het ʼn waarskuwing vir baie koue toestande in die Oos-Kaapse binneland, die Wes-Kaap en die suidelike dele van die Noord-Kaap en Vrystaat uitgereik, berig TimesLive. “Ons sal verseker baie kouer toestande in die volgende week sien. Die temperatuur sal bietjie styg, maar ons sal moontlik nie weer 20 grade bereik voor Vrydag nie,” het Loots gesê.

Intussen is daar talle berigte van sneeu in die Vrystaat. Die gebruiker FrancoisTheart het die volgende video op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.