Video: Snuffelhond kan diabetes uitruik

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Suid-Afrika het sy eerste snuffelhond gekry wat diabetes kan uitruik. Sy het verlede week in die land aangekom ná haar opleiding in die VSA.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Noelle Wabeke ·

Ek het na die video gaan kyk op die internet onder Maroela Media.

Ek wil net graag my opinie in terme van die berig deel.

Ek is mal oor troeteldiere so hierdie is glad nie gerig op die feit dat honde verstommende diere is.En dit is fantasties dat honde nou ook geleer word om suikervlakke te kan ruik.

Ek rig dit wel aan die joernaliste van die berig om meer deeglik hulle navorsing te doen oor diabetes.

Ek is al ‘n diabeet vir 30 jaar, vandat ek 5 jaar oud is. Volgens my is daar Tipe1 en Tipe 2 diabete, nie ‘ ernstige graad’ nie.

Tegnologie het so verander en is dus ‘n groot positief vir diabete. Ek het begin met gewonde inspuitngs, toe was ek op penne vir ‘n paar jaar, die laaste 6 jaar is ek op ‘n insulien pomp.

Die feit dat Stacey se bloedsuikervlakke baie laag is elke nou en dan dui daarop dat sy nie gekontroleer is nie.
As die diabeet nie kan voel dat sy laag gaan nie, dui dit ook op ongekontroleerede diabetes.

Ek het ook insulien sensors gedra en het ook gevind as mens jou elke 3 ure toets dit baie meer akkuraat is. Jou dieet en koolhidraat telling help ook met jou suikervlakke.

Dit is ‘n verskriklike groot taak om jouself 100% heeltyd te kontroleer maar dit kan defnitief gedoen word. As jy nie van ‘n baie geroetineerde lewe en presiese kontrole hou nie gaan jy dit maar moet aanleer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.