Video: Só kom onwettige immigrante SA binne op soek na ʼn beter lewe

Duisende buitelanders stroom daagliks oor die land se grense op soek na ‘n beter lewe in Suid-Afrika.

eNuus het gaan uitvind hoe die besoekers uit buurlande uiteindelik in Suid-Afrikaanse dorpe en stede beland en wat hulle daar doen. Dis waar talle agterkom die lewe hier is beslis nie altyd rooskleuriger nie.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

yvonne ·

Dis afgryslik hoe ons dorp nou lyk, ek kan glad nie waag om alleen inkopies te doen nie, my kinders moet dit vir my doen, ek is oud en n maklike teiken om beroof. te word.

H J Bester ·

Met die ganse Afrika se inwoners gaan dit sleg want duisendes soek elders ‘n heenkome – as dit nie Zimbabwiërs is wat oor die grens na Suid-Afrika stroom nie, is dit Wes-Afrikane wat met bootjies probeer om Europa te bereik. Daar is nie meer ‘n beskaafde of ontwikkelde land ter wêreld waar daar nie duisende Afrikane woonagtig is nie. En geen Afrika-regering is bekommerd daaroor nie want die leiers in die betrokke lande leef in weelde en verander grondwette om vir ewig te regeer – en dit terwyl die massas vergaan van ermoede en ellende. En saam met die armoede en verhuising na beter weivelde, word misdaad en allerhande ander gruwels saamgeneem. Suid-Afrika is nie daarvan gespaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.