ʼn Video wat in Maart op YouTube gelaai is van ʼn vermeende inbreker wat wys hoe maklik hy deur diefwering wikkel, maak opslae op sosiale media. Sedert die video op 23 Maart op YouTube gelaai is, is dit al meer as 20 000 keer gekyk. Die ‘skurk’ glip binne drie minute deur ʼn spasie wat omtrent so groot is soos ʼn A4-vel papier. Na wat verneem word, is die man glo vantevore vir diefstal in hegtenis geneem, en is hy afgeneem om te wys hoe maklik ʼn dief toegang tot ʼn huis kan verkry.
Die video is deur TIASouthAfrica op YouTube gelaai.