Video: “Sondag-verkragter” in hof

Johannes Jacobus Steyn verskyn in die Krugersdorp landdroshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Johannes Jacobus Steyn, of die sogenaamde “Sondag-verkragter” het Dinsdag vlugtig in die Krugersdorp landdroshof verskyn.

Steyn word aangekla van die ontvoering, verkragting en moord van Louise de Waal. De Waal is in Oktober ontvoer terwyl sy en ‘n vriendin op pad skool toe was in Randburg. Haar verkoolde lyk is dieselfde dag op ‘n verlate plaas in Magaliesburg gevind. Steyn staan tereg op 13 aanklagte van verkragting, 10 van ontvoering, ses van seksuele aanranding en ʼn klag van moord. Die “Sondag-verkragter” het verlede jaar na bewering twee skoolmeisies in Pretoria-Wes ontvoer. Die een meisie het glo uit die ontvoerder se bakkie gespring en is dood. Die ander meisie is verkrag. Die “Sondag-verkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom, Pretoria en Rustenburg. Die saak is uitgestel tot 1 Februarie 2012.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.