Video: Sondela-veldbrand saai verwoesting

‘n Weghol veldbrand het Saterdagmiddag die dood van ʼn bejaarde egpaar veroorsaak en groot skade aangerig by die Sondela-natuurreservaat buite Warmbad. Die oorledenes, Ig van Rooyen (76) en sy vrou Nita (75), kon nie betyds van die vlamme wegkom nie.

Die veldbrande het glo aan die chalets se kant ontstaan en vinnig ʼn pad van verwoesting gesaai. Van die chalets het afgebrand het diere het ook doodgebrand. Ian Jansen van Rensburg, besturende direkteur van Sondela, het kort na die voorval gesê hulle het 400 beddens verloor maar het steeds plek vir ʼn 1 000 gaste. Die oord het ook 1 500 ha veld verloor en sowat 20 njalas. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

Die gebruiker lyfatjie het 2 September die video op Youtube gelaai. Dit is teen Dinsdagmiddag nagenoeg 3000 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.