Video: Sosiale media-staptog teen die eensydige oorvertelling van die geskiedenis

AfriForum nooi jou hiermee uit om deel te neem aan die veldtog teen die eensydige oorvertelling van Suid-Afrika se geskiedenis. Vir hierdie doel gaan Suid-Afrika se heel eerste sosialemedia-staptog op 28 Februarie 2012 gehou word.

Alhoewel daar verskeie voorbeelde is waar die geskiedenis verdraai word, is daar besluit om op die onlangse politieke wanvoorstellings oor die grensoorlog as aanknopingspunt te fokus.

We were there, die Engelse weergawe van Kraal-Uitgewers se boek, Ons was daar, het pas verskyn. In hierdie boek vertel diegene wat daar was toe die Kubane in die omgewing rondom Cuito Cuanavale verdryf is, presies wat gebeur het. Die propaganda-leuen word ontbloot vir wat dit is: ʼn verdraaiing van die geskiedenis vir politieke gewin. Die boek is deur die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, genl Jannie Geldenhuys, saamgestel en deur ʼn aantal persone wat uiteenlopende rolle gedurende die grensoorlog gespeel het, geskryf.

Die staptog word deur verskeie meningsvormers en organisasies ondersteun. ʼn Memorandum, waarin die akkurate weergawe van die geskiedenis rondom Cuito Cuanavale uiteengesit word, gaan saam met Engelse eksemplare van Ons was daar by die ambassades van Kuba, Rusland, Angola en die VSA afgelaai word. Van daar af sal na die Uniegebou vertrek word om die memorandum ook daar af te lewer. Daar gaan deurgaans gepleit word vir ʼn gebalanseerde oorvertelling van die geskiedenis en ʼn beroep gaan op politici gedoen word om die geskiedenis nie vir politieke gewin te verdraai nie.

ʼn Groep verteenwoordigers, wat uit kunstenaars, afgevaardigdes van verskeie organisasies en voormalige lede van die SAW bestaan, sal fisies aan die staptog deelneem. Die vordering van die staptog sal deurlopend op sosialemedia-netwerke (Facebook en Twitter) gekommunikeer word. Die publiek word hiermee aangemoedig om daaraan deel te neem deur die nuus op Facebook te deel en op Twitter te hertwiet.

Na beraming sal meer as 500 000 lede van die publiek deur middel van Facebook en Twitter aan die staptog deelneem.

Hoe neem ek deel?
Jy kan aan die staptog deelneem deur AfriForum, Solidariteit, Maroela Media of enige van die kunstenaars wat op hierdie video verskyn op Facebook en / of Twitter te volg. Jou deelname berus daarop jy gaan help om die boodskap te versprei deur die nuus oor die staptog op die sosiale media te versprei.

Klik hier om jou deelname aan die staptog te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.