Video: Spiertier gaan Suid-Afrika in Las Vegas verteenwoordig

Jaco de Bruyn, wat as die “man met die beste lyf in Suid-Afrika” beskryf word, gaan November aan ‘n internasionale fiksheidskompetisie in Las Vegas deelneem.

De Bruyn (28) wil graag as Mr Physique gekroon word. “Ek is baie opgewonde en is trots dat ek uitgenooi is om deel te neem. Dit maak al die ure wat ek in die gimnasium spandeer het, die moeite werd,” het De Bruyn gesê. Hy het al talle titels ingepalm, insluitend Model van die Jaar in 2009 en was ook die tydskrif Heat se Manwatch-wenner in dieselfde jaar.

E-nuus het dié video op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.