Video: Springbok-trourok

Die video volg onderaan die berig.

Die Springbok-trourok

Odette, ‘n modeontwerper van Port Elizabeth, het ‘n egte Springbok-trourok ontwerp.

“Voordat ek my boetiek open, wou ek iets doen wat nog nooit vantevore gedoen is nie,” sê Odette op haar webwerf. “Ná baie navorsing het ek besluit om ‘n Springbok-trourok te ontwerp, aangesien só iets trots Suid-Afrikaans sou wees.”

Odette het die rok spesiaal vir liefdadigheid gemaak. “Ek het op die Chris Burger Petro Jackson-fonds vir beseerde rugbyspelers besluit. Ek moes spesiale toestemming bekom om die Springbok- en Protea-logo’s te gebruik,” het Odette bygevoeg. Dit het glo vyf dae geduur om die skepping te voltooi. “Die reaksie is oorweldigend sedert die rok in my boetiek uitgestal is.”

Die rok word op 1 Desember by ‘n veiling by die Kings Court Centre in Port Elizabeth verkoop en sal na verwagting sowat R20 000 haal.

Die rok is op 24 September tydens Erfenisdag deur Elke Gerber, huidige Queen Port Elizabeth, by Kings Court modelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

wanda ·

Mmmm…….Die rok is okay maar daar kon nog detail bygekom het, die rok is net
te eenvoudig, wens ek was daar om julle te wys wat sou ek bygesit en veander het….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.