Hoe lyk dit wanneer alledaagse gebeurtenisse in uiters stadige spoed vertoon word? Die gebruiker bengood1993123 het ‘n samestelling van beeldmateriaal (waarvan sommige op die Discovery-kanaal vertoon is) op YouTube gelaai. Die samestelling sluit onder andere ‘n waatlemoen wat geskiet word, ‘n plastiekbottel wat met ‘n swaard deurklief word, ‘n waterballon wat met ‘n skalpel geprik word en ‘n man wat met ‘n waterballon vol in die gesig getref word, in.
Kyk hier na die interessante video:
http://youtu.be/rU7iYYpSrlo