Video: Stander ‘meer as net ‘n kampioen’, sê pa

Burry Stander

Die bergfietskampioen Burry Stander sal deur sy familie onthou word as meer as net ʼn fietsrykampioen, het sy pa Charles gesê.

“Vir ons sal Burry altyd meer as net ʼn bergfietsrykampioen wees. Hy was ʼn kampioen op en van sy fiets af. Sy familie het altyd eerste gekom vir hom. Hy het nooit gehuiwer om te help waar en wanneer hy kon nie.” Charles sê sy seun se dood was die ergste oomblik van sy lewe. “Geen ouer moet ooit sy kind op die teerpad sien lê na ʼn ongeluk en weet dat daar is niks wat hy kan doen om sy lewe te red nie. Woorde kan nie eers begin om te beskryf hoe dit voel wanneer dit gebeur nie. Dit was aaklig.” Stander (25) is Donderdagmiddag deur ʼn taxi doodgery na hy teruggekeer het van ʼn oefenrit in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus. Die bestuurder van die taxi sal Maandag in die Port Shepstone-landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag.

Die video is deur Davide Aitor op Youtube gelaai.

http://youtu.be/j0rHPT8q-CM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.