Video: Só steel ʼn 7-jarige dogtertjie ʼn selfoon

iphoneKringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn restaurant in Norwood in Johannesburg wys hoe ʼn meisie, sowat 7 jaar oud, in die restaurant ʼn klant se iPhone steel.

Volgens Jessica Ostrin, wat onlangs die video op YouTube gelaai het, het ʼn 17-jarige meisie saam met haar ouma middagete by die restaurant geniet toe die voorval plaasgevind het. Ostrin is vermoedelik die slagoffer se vriendin. Sy sê dit wil voorkom of die 7-jarige deur vier vroue bygestaan word terwyl sy die misdryf pleeg. Een van die vroue beduie vir die dogtertjie wanneer sy moet toeslaan. Daarna stap hulle almal saam uit die restaurant sonder om enigiets te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Carien ·

Dit is ongelooflik hartseer.Sy leer niks positief in die lewe nie!

Erich Goosen ·

So tragies dat ‘n kind van die brose ouderdom noual haar meestersgraad in stelery verwerf.

Jasper ·

Die enigste een wat ek bejammer is die vrou wie se foon gesteel is.

Amy ·

Jip!!! Klein klein al misdadig. Die ouer vrou maak seker sy bly by die bloedlyn. Sy mag nie daarvan af afwyk nie. Dit sal ‘n skande i die familie wees as sy die reguit paadjie wil loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.