Video: Suksesvolle SpaceX-lanseerpoging ruimtestasie toe!

Die eerste ruimtetuig wat deur ‘n privaat onderneming na die internasionale ruimtestasie gestuur word, is Dinsdag suksesvol lanseer.

SpaceX hoop om met sy Falcon 9-vuurpyl vrag en later selfs ruimtevaarders na die ruimtestasie te vervoer. Die vuurpyl sal na verwagting op 25 Mei by die ruimtestasie aankom. SpaceX se lanseerpoging is Saterdag gekanselleer nadat hulle ontstekingsprobleme in een van die enjins ervaar het.

SpaceX is ʼn privaat onderneming wat deur Elon Musk, ʼn ingenieur en uitvinder van Pretoria, besit word.

Krediet: NASA / SpaceX

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.