Video: Superhelde help kankerpasiëntjies

Superhelde help kinders in Brasilië om kanker te oorkom.

‘n Kankersentrum vir kinders in Sao Paulo het kragte saam Batman, Superman, Wonder Woman en die res van die “Justice League” gesnoer om sy jong pasiënte te inspireer om hul siekte in die gesig te staar en die skok van chemoterapie te oorkom.

Die A.C. Camargo-kankersentrum en die wêreldwye advertensiemaatskappy JWT het die kindersaal in ‘n superheldparadys omskep, boonop met ‘n spesiale “Hall of Justice”-speletjieskamer en superheldtema-versierings.

Superheroes are helping children in Brazil kick cancer’s butt.
A children’s cancer center in Sao Paulo has joined forces with Batman, Superman, Wonder Woman and the rest of the Justice League to inspire its young patients to brave their illnesses and overcome the hardships of chemotherapy. Selfs die binneaarse chemoterapie-sakkies pryk nou in superheld-kassies. Die behandeling staan bekend as die “Superformule”.

“Die eerste stap in die stryd teen kanker is om in die kuur te glo,” het JWT op sy webwerf geskryf. “Maar die chemoterapie-behandeling is moeilik, veral vir ‘n kind. Om hulle te help glo, het ons aan die idee gewerk om hulle negatiewe persepsie van die behandeling te verander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.