Honderde families in die Port Elizabeth-omgewing wat vir hulle bestaan van die see afhanklik is, is hulle kommersiële visvangregte kwyt. Vir die meeste van hulle is dit ‘n ernstige terugslag want visvang is hulle enigste bron van inkomste.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Dit is so tragies.
Mens voel so absoluut magteloos – moet erken, ek het swaar gesluk na ek die video-greep gekyk het.
Aan diegene wat hierdeur geraak is, baie sterkte, ek hoop van harte dat daar uitkoms vir elkeen van julle sal wees.
Dit as gevolg van Nuwe Swart Suid Afrika.
My hart gaan uit na hierdie mense. Dit is mense wat wil werk en hul geld op `n eerlike manier wil bekom en nie deur te steel en korrupsie te pleeg nie. . Dis mense met kinders wat probeer om vir hul `n beter toekoms te gee. Daardie student wat op universiteit is moet nou seker opskop om by die huis te gaan sit. Sies, sies vir hierdie mislike regering.