Video: Sweefspringer wat Tafelberg-sprong oorleef glo aangekla

Jeb Corliss (regs) kort voor hy Maandag van Tafelberg gespring het. Foto: Youtube

Die Amerikaanse waaghals Jeb Corliss (35), wat Maandag ’n sprong van ’n rotslys op Tafelberg oorleef het, gaan glo aangekla word vir dié onwettige sprong.

Die Cape Times berig dat Corliss, wat tans in ʼn Kaapse hospitaal aansterk, nie toestemming gehad het vir Maandag se sprong nie. Corliss het saam met sy kameraman gespring toe hy teen die berg gebots het. Hy het glo ʼn rotslys getref voordat sy noodvalskerm oopgegaan het. Corliss het verskeie beenbreuke opgedoen. ʼn Woordvoerder van die Tafelberg Nasionale-Park, Merle Collins, sê hulle reik nie permitte uit vir sulke spronge nie aangesien dit baie gevaarlik is. “Hy het nie toestemming gehad om te spring nie. Ons sal hom definitief beboet en moontlik aankla.” Corliss het intussen vanuit sy hospitaalbed in die Christiaan Barnard-hospitaal gesê: “Ek voel beter as wat ek nog ooit gevoel het.” Corliss se vriend Joby O’Gwyn (37) het kort voor hom gespring en is ongedeerd. Corliss se kameraman is ook nie beseer nie. Volgens berigte het Corliss ook verlede week in ʼn sweefpak van Tafelberg gespring. Corliss het al meer as ʼn 1 000 spronge gedoen van bekende bakens soos die Eiffeltoring, die Petronas-torings in Maleisië en die Golden Gate-brug in San Francisco.

Waarskuwing: Die video bevat krutaal

Die video is deur die gebruiker kenalien op Youtube gelaai.

http://youtu.be/cqiV_O8cdWY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.