Die Cape Times berig dat Corliss, wat tans in ʼn Kaapse hospitaal aansterk, nie toestemming gehad het vir Maandag se sprong nie. Corliss het saam met sy kameraman gespring toe hy teen die berg gebots het. Hy het glo ʼn rotslys getref voordat sy noodvalskerm oopgegaan het. Corliss het verskeie beenbreuke opgedoen. ʼn Woordvoerder van die Tafelberg Nasionale-Park, Merle Collins, sê hulle reik nie permitte uit vir sulke spronge nie aangesien dit baie gevaarlik is. “Hy het nie toestemming gehad om te spring nie. Ons sal hom definitief beboet en moontlik aankla.” Corliss het intussen vanuit sy hospitaalbed in die Christiaan Barnard-hospitaal gesê: “Ek voel beter as wat ek nog ooit gevoel het.” Corliss se vriend Joby O’Gwyn (37) het kort voor hom gespring en is ongedeerd. Corliss se kameraman is ook nie beseer nie. Volgens berigte het Corliss ook verlede week in ʼn sweefpak van Tafelberg gespring. Corliss het al meer as ʼn 1 000 spronge gedoen van bekende bakens soos die Eiffeltoring, die Petronas-torings in Maleisië en die Golden Gate-brug in San Francisco.
Waarskuwing: Die video bevat krutaal
Die video is deur die gebruiker kenalien op Youtube gelaai.
http://youtu.be/cqiV_O8cdWY