Video: Talle dood toe hotel ineenstort

Foto: channelnewsasia.com

Ten minste 10 mense is dood en 15 beseer nadat ʼn hotel Maandagoggend omstreeks 04:30 in die suidelike deel van Indië inmekaargestort het.

Ten minste 10 mense is glo in die puin van die City Light-hotel vasgekeer. “Die slagoffers is hoofsaaklik werknemers en personeellede van die hotel wat in die slag oorlede is of in die hospitaal aan hul beserings beswyk het,” het R. Jayalakshmi, hoof van die polisie in die gebied, gesê.

Die hotel het ʼn tee- en versnaperingskroeg wat veral onder dagloonwerkers en outo-riksjabestuurders gewild is. Die toestand van sommige van die beseerdes wat gehospitaliseer is, is steeds kritiek.

“Polisiebeamptes en brandbestryders is steeds besig met reddingswerk en die dodetal sal moontlik styg,” het Jayalakshmi bygevoeg.

Volgens die polisie was die 80-jarige gebou se struktuur swak en het nie aan die veiligheidskriteria voldoen wat deur sivieleingenieurs-agentskappe vereis word nie.

Vier-en-sewentig mense is in April dood toe ʼn multi-verdiepinggebou naby Mumbai ineengestort het.
http://youtu.be/G0eRZMlmnxE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.