Video: Taxibestuurder skotvry na hy voetganger omry, aanrand

Foto: Youtube

ʼn Bloemfontein taxibestuurder het in die hof verskyn nadat hy glo ʼn voetganger raakgery en aangerand het terwyl omstanders gestaan en toekyk het.

The Star berig dat die taxibestuurder Saterdag in hegtenis geneem is en Maandag in die Bloemfontein landdroshof verskyn het. ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Zweli Mohobeleli, sê die saak is voorlopig teruggetrek aangesien die vervolging nie die beskuldigde aan die saak kon verbind nie. Die voorval, wat op kringtelevisie-kameras vasgelê is, het in Andries Bekker straat plaasgevind by die ingang van ʼn Brent-vulstasie. Dit wys hoe ʼn voetganger deur ʼn taxi raakgery word waarna die taxibestuurder uitklim en die voetganger in die gesig skop. Die video is ook op Youtube gelaai. Volgens ooggetuies het die vulstasie se bestuurder onmiddellik die voorval by die polisie aangemeld. Die voetganger is na die hospitaal geneem en later weer ontslaan. Lees meer hier.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kyker onstel

Die video is deur die gebruiker ZigGames op Youtube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.