Video: Taximan wat aanrand gevonnis

Foto: Youtube

Die taxibestuurder wat op kringtelevisie-kamera vasgelê is waar hy ‘n hawelose man omry en aanrand is tot korrektiewe toesig gevonnis.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Aggrey Mojanaga (38) is Maandag in die Bloemfontein-landdroshof tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis. Mojanaga is skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy op 1 Maart die voetganger, Isaac Moalai (50), in Andries Pretoriusstraat in Bloemfontein met sy taxi omgery en hom hierna in die gesig geskop het. Die voorval is op kringtelevisie-kamera vasgelê en op Youtube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.