Video: Taximan wat voetganger glo omry, aanrand kry borg

Foto: Facebook

ʼn Taxibestuurder van Bloemfontein wat glo doelbewus ʼn voetganger omgery en hom toe teen die kop geskop het, is Maandag op borgtog vrygelaat.

Volksblad berig dat Tefoe Mojanaga (43) Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het op ʼn aanklag van poging tot moord, en op borgtog van R2 000 vrygelaat is. Hy het die naweek agter tralies deurgebring. Mojanaga het glo op 1 Maart die voetganger, Isaac Moalai (50), in Andries Pretoriusstraat met sy taxi omgery en hom hierna in die gesig geskop. Die voorval is op kringtelevisie-kameras vasgelê en op YouTube gelaai. Die video is reeds deur meer as 300 000 mense gekyk. Mojanaga sal weer op 30 Maart in die hof verskyn.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.