Video: Taylor Swift “aangeval” tydens Grammy-optrede

'n Skermskoot van die video

‘n Skermskoot van die video

Die sanger Taylor Swift se kopskudbewegings tydens ʼn optrede by Sondagaand se Grammy-toekennings het veral op sosiale media kommentaar ontlok. ʼn Video wat intussen op Youtube gelaai is, verduidelik dalk hoekom Swift haar kop so wild rondgeskud het.

Verskeie video’s van Swift se optrede Sondagaand is gesamentlik al ʼn paar honderd duisend keer op Youtube gekyk. ʼn Video wat egter wys hoe Swift deur Ryu, die hoofkarakter in die ikoniese video-arkade-speletjie Street Fighter, ‘aangeval’ word, is reeds meer as 7 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.