Video: “Terreur-aanval” ruk Brittanje

Die video volg onderaan die berig.

Waarskuwing: Die video is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel

ʼn Britse-soldaat is Woensdag helder oordag in ʼn besige straat in Londen deur twee mans aangeval en met messe en hakmesse doodgekap. Die soldaat is voor verskeie ooggetuies aangeval nadat sy aanvallers hom met ʼn voertuig, naby die Royal Artillery Barracks in Woolwich, omgery het. Volgens ooggetuies is die soldaat glo deur twee mans aangeval wat Islamitiese slagspreuke geskree het. Hulle het na die aanval geskreeu: “ʼn Oog vir ʼn oog, ʼn tand vir ʼn tand”.

Ná die aanval het een van die aanvallers ‘n bebloede hakmes rondgeswaai en in ʼn omstander, wat intussen ʼn video van die voorval op sy selfoon begin afneem het, se foon in gekyk en gesê hulle sal nooit ophou veg totdat hulle alleen gelos word nie.

Die polisie het glo eers 30 minute later op die toneel opgedaag en die twee verdagtes geskiet en gewond, waarna hulle in hegtenis geneem is.

Britse owerhede bestempel die wrede “slagting” as ‘n moontlike terreuraanval. Dit is die eerste terreuraanval op Britse grond sedert 2005 toe die land deur selfmoordbomaanvalle geteister is.

David Cameron, die eerste minister, het sy besoek aan Frankryk kortgeknip en na Londen teruggekeer om as voorsitter op te tree by ‘n noodvergadering oor nasionale sekerheid.

Die insetsel is deur CNN vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard ·

30 minute voor Polisie opdaag………….Dit sou n nuwe rekord tyd wees as dit SA was

Pip ·

Ek wonder hoe is dit dat daai “kameraman” gekies is om mee te gesels? Nog ‘n ding, hy kla oor die 30 minute, daai man is binne sekondes dood gekap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.